1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4447945

Besoekers aanlyn

Ons het 52 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AS JY NIE KAN OF WIL EKSAMEN AFLÊ NIE .... WAT IS DIE OPLOSSING?

Quo VadisDan betoog hulle en brand die universiteit of skool af! Indien hy/sy dan swak vaar en moontlik nie die paal haal nie, het hulle sommer ’n geldige verskoning! Belangriker nog, dan slaag hulle ook sommer daarin om ons blanke studente se standaard só te verlaag dat die aandag van hulle onvermoë afgewend word.

As plan A nie heeltemal suksesvol is nie, dan is ’n betoging vir gratis, vry en verniet universiteitsopleiding, plan B, ’n goeie teenvoeter vir eksaminering! Daarmee koop hulle nog meer tyd en steeds geldige rede vir uiteindelike swak prestasie wat nie bloot aan hom of haar vermoë gekoppel kan word nie. In Engels is dit “method in the madness!”

As jy inkomste sonder verdienste wil hê, dan verhoed jy dat die werksaamhede van ’n plaaslike owerheid kan voortgaan deur bloot beswaar te maak teen die voorsitter. Indien daar gepoog word om wel voort te gaan, raak jy gewelddadig soos by die Pretoria munisipaliteit se vergadering waar die Swart DA’s en die Swart ANC’s hulle uiterste bes doen om niks produktiefs te doen nie.

Indien jy ’n pos sonder enige meriete bekom het met ’n uitspattige salaris en jou wanpraktyke en optrede kan naderhand nie meer ignoreer word nie, en jy word dalk afgedank, dan doen jy maar net weer aansoek in die wyle wat jy met vol salaris by die huis sit. Die kanse om weer aangestel te word is redelik tot sterk!

Intussen moet Afrikaners hierdie spektakel skynbaar leierloos sit en bekyk terwyl hulle saamgesleur word, die afgrond van verval die donkerte van Afrika in! Ons sal handhaaf ons sal hou...... dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly.......?? QUO VADIS AFRIKANER?

Op watter van die vele verdeelpaaie wat aangebied word lê ons vryheid en wag? Die pad waarop F.W. de Klerk en sy NP kabinet ons geplaas het? Die onderhandelingspad van Constand en Braam Viljoen? Die Volkstaatjie van die gestorwe KP van Treurnicht, Hartzenberg, die VVK, HNP en die Boere Afrikaner Volksraad, of straks die selfbeskikking van Kleinfontein en Orania? Dan is daar nog die pad van veelrassige deelname soos die VF- Positief. Samewerking om die beste van ’n slegte saak wat “onomkeerbaar” is, te maak soos Solidariteit en Afriforum deur van burgerreg gebruik te maak en ons eie toekoms te skep, soos wat dr. Verwoerd aangehaal word. Nog ’n legio ander idees van ’n federasie, konfederasie, volksregering ens., ens. Enige iets behalwe net nie....... selfs afstand doen van plase besighede en eiendom, maar net nie .........

QUO VADIS AFRIKANER, QUO VADIS?? Watter pad om uit hierdie gemors uit te kom?

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie