1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4349744

Besoekers aanlyn

Ons het 183 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Dr VERWOERD EN DIE REG OP SELFBESKIKKING

Die waarheid oor dr. VerwoerdVyftig jaar na die dood van dr HFVerwoerd het die stof oor die beleid van apartheid steeds nie gaan lê nie. Daarom is dit dalk gepas om sy vertolking van hierdie beleid in oënskou te neem wat deur die vyande van die Afrikanervolk as 'n vergryp teen ander volke gesien was. Die vraag is naamlik of dit nie te rym is met die reg op selfbeskikking van volkere wat vandag allerweë as 'n internasionaal-erkende reg beskou word nie.

Apartheid is deurgaans skerp veroordeel as sou dit 'n miskenning wees van die reg op selfbeskikking. Dit was gedoen ten spyte van uitsprake van vroeëre regerings van Suid-Afrika dat apartheid juis uitdrukking gee aan die reg op selfbeskikking van volkere. In 1976 nog het die Minister van Buitelandse Sake, Hilgard Muller, soos volg verklaar:

Our objective is self-determination for all the peoples in Southern Africa. The majority of every nation or population group should be enabled to elect their own Government....

Verenigde Nasies

Suid Afrika versus VN opheffing van swartesDie tuislande (“bantustans” - soos internasionaal daarna verwys is) wat kragtens wetgewing onafhanklik geword het, is deur vroeëre Suid-Afrikaanse regerings beskou as die verwesenliking van die inwoners (volke) van daardie tuislande van hulle reg op selfbeskikking. Die Verenigde Nasies het egter state aangemoedig om nie die sogenaamde TBVC-state te erken nie, ‘n stap wat buitengewoon was. Die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad het trouens van die standpunt uitgegaan dat die Suid-Afrikaanse regering die reg op selfbeskikking skend deur die beleid van apartheid en is verskeie resolusies aangeneem in hierdie verband. Daar is geargumenteer dat die daarstelling van hierdie “Bantustans”, soos dit genoem is, die beleid van apartheid sou voortsit.


Suid-Afrika is deur die Verenigde Nasies beskryf as sou dit van “colonial nature” wees en :

... alone and unique in basing its state upon a policy of dispossession and the perpetuation of alien and colonial type domination.

Die groot probleem wat die internasionale gemeenskap met die toepassing van die beleid van apartheid gehad het, is dat daar vir die mense (volkere) besluit is wáár hulle hulle reg tot selfbeskikking moes uitoefen en dat die inwoners nie self daaroor besluit het nie. Die Suid-Afrikaanse regerings onder die Nasionale Party-bewind het Suid-Afrika gepartisioneer deur onafhanklikheid aan die swart volkere te gee (in gebiede wat tradisioneel en histories deur hierdie volkere bewoon is), waarna die restant dan as Blank Suid-Afrika bekend sou staan. Alles het daarop gedui dat ook aan die Indiërs en Kleurlinge soortgelyke onafhanklikheid gegee sou word.


Die Verenigde Nasies se standpunt was dat selfbeskikking deur die geheel van die bevolking van Suid-Afrika uitgeoefen moes word in ‘n ongefragmenteerde (onverdeelde) Suid-Afrika soos dit bestaan het vóór 1976. Die Verenigde Nasies het sover gegaan om die regering wat Suid-Afrika regeer het vóór 1994 as onwettig te beskou en as dat dit geen reg gehad het om die mense van Suid-Afrika te verteenwoordig nie. Nie alleen is die stryd van die sogenaamde bevrydingsbewegings as geregverdig beskou nie, maar is ook die gewapende (“terroriste”) stryd teen die apartheidsregering as geregverdig geag. Laasgemelde regverdiging het klaarblyklik daarin bestaan dat die inwoners van Suid-Afrika deur dwang onderdruk was wat ‘n onwettige handeling daargestel het en dat die teenstaan daarvan selfverdediging was wat geregverdig was (“may fight to defend and attain its right to self-determination”).So is geweld teen Suid-Afrika (juridies) gewettig.


Twee regsbeginsels wat in die geval van die onafhanklike swart state ter sprake was, is:

*          die selfbeskikkingsreg van mense, en

*          dat bestaande nasionale entiteite nie verdeel mag word nie.

Laasgenoemde is dan ook die vernaamste argument wat die Verenigde Nasies as skild vir sy standpunt téén die TBVC-state gebruik het. Met die Deklarasie oor die Verlening van Onafhanklikheid aan Koloniale Gebiede en Mense is Afrikastate teen afskeidingsbewegings beskerm. In die geval van die TBVC-state word dit egter teen ‘n moederstaat en ‘n afstigtingstaat gebruik waar beide vrywillig besluit het om twee state uit een te skep. Wat uit die oog verloor is, is dat daar in die geskiedenis van die internasionale reg baie state ontstaan het wat uit ‘n vorige eenheidstaat ontstaan het soos bv die Federale Republiek van Duitsland en die Duitse Demokratiese Republiek. So het Sirië van die Verenigde Arabiese Republiek en Pakistan van Indië afgestig en Ruanda en Burundi het ook uit ‘n voormalige eenheidsgebied ontstaan.

Die tweede beginsel wat by die onafhanklikheid van die TBVC-state ter sprake was, is dié van selfbeskikking van mense. Indien selfbeskikking ‘n reg is wat aan verskillende groepe met eiesoortige karaktereienskappe toekom, dan is daar geen rede waarom die onafhanklikheid van hierdie state (tuislande) nie gesien kan word as die vervulling van hierdie gebiede se mense se reg van selfbeskikking nie.

Daar kan gevolglik met reg geargumenteer word dat die onafhanklikheid van die TBVC-state juridies in ooreenstemming was met die wese van selfbeskikking van mense (volke).

Om die reg van selfbeskikking in die Suid-Afrikaanse verband in perspektief te plaas, moet die vraag gevra word wie op hierdie reg aanspraak kan maak. Die reg behoort aan ‘n volk wat weens sy eiesoortige karaktereienskappe homself as ‘n eenheid identifiseer en weens sy begeerte om sy besondere eienskappe te behou, sy reg uitoefen om sy eie lotgevalle te beskik.

Wegbeweeg van apartheid

Sedert die bewindsaanvaarding van John Vorster in 1966 is daar 'n tweeslagtige beleid gevolg ten aansien van die beleid van apartheid deurdat die beleid nie gepaardgegaan het met volkome skeidingsmaatreëls nie. Daar is enersyds steeds voortgegaan met die beleid om onafhanklikheid vir tuislande daar te stel vir die swart volkere, maar andersyds is integrasie op verskeie vlakke van die samelewing goedgekeur en inderdaad deur die regering aangemoedig, ten spyte van die Vorster-, Botha- en De Klerk-regerings se ontkennings. Daarbenewens is 'n beleid van integrasie gevolg ten opsigte van die Kleurlinge en Indiërs deurdat volledige skeiding nie meer as antwoord gesien is wat betref hierdie twee bevolkingsgroepe nie. Daar is gevolglik stelselmatig afstand gedoen van die beleid van apartheid soos dr Verwoerd dit gesien en geïmplimenteer het. Dit het daartoe bygedra dat die res van die wêreld die daarstel van tuislande vir sommige volkere as ‘n “onteiening” van die reg van die meerderheid gesien het.

Om die vraag te beantwoord of die beleid van apartheid selfbeskikking daarstel, alternatiewelik 'n ontkenning is van die reg tot selfbeskikking, moet die begrip apartheid gemeet word aan die definisie van die begrip selfbeskikking. Waar selfbeskikking kortweg omskryf kan word as die reg van 'n ‘n groep of volk (of die inwoners van 'n grondgebied) om self oor hulle toekoms te besluit en die uitgangspunt is dat 'n volk of die inwoners van 'n grondgebied vryelik moet kan besluit oor hulle politieke toekoms en die regering wat oor hulle regeer, kan geargumenteer word dat apartheid (afsonderlike ontwikkeling) juis hierdie doelstellings wou verwesenlik. Dit is daarom nodig dat gekyk moet word na wat die bedoeling met die beleid was.


Dr. HF VerwoerdDr Verwoerd se beleid

Suid-Afrika het veral sedert die bewindsaanvaarding van dr HF Verwoerd in 1958 besluit om 'n beleid te volg wat nie bloot gerig was op blote skeiding (segregasie) nie, maar op skeiding tesame met selfregering vir die verskillende bevolkingsgroepe van Suid-Afrika. Die aanvoorwerk daarvoor is reeds deur Verwoerd se voorgangers gelê.

Ook die Tomlinsonkommissie het in geen onduidelike taal gestel dat daar gestreef moes word:

na die bestaan van afsonderlike gemeenskappe in hul afsonderlike gebiede waar elkeen die volle geleentheid tot eie uitlewing en ontwikkeling sal hê. 

Dr Verwoerd word allerweë as die “groot apostel” van apartheid beskou en daarom moet gekyk word wat hy tydens sy ampstermyne as Minister van Naturellesake en Eerste Minister oor die beleid en die doel daarvan gesê het. In 1956 het hy tydens ‘n debat in die Parlement gestel dat:

Suid-Afrika hom met alle krag moet inspan om die skeiding tussen blank en nie-blank tot die hoogste mate teweeg te bring. 

Op 12 November 1958 het Dr Verwoerd hierdie beleid soos volg geformuleer:

die hande van die meerderheid, naamlik die bantoe. 

Op 27 Januarie 1959 gaan hy verder deur die beleid soos volg te verduidelik:

Ek sorg ook dat ek 'n pad kies waarin die blanke aan die een kant in sy gebied die volle bestuursreg alleen behou, maar waarin ek aan die bantoe, onder my sorg as voog, die volle geleentheid gee om in hulle gebiede hul voet te sit op 'n pad van ontwikkeling waarop hulle kan vorder ooreenkomstig die vermoë wat hulle het. 


In dieselfde toespraak stel hy dat daar gesorg moet word dat die buitewêreld besef en dat die Bantoe besef, dat ‘n nuwe tydperk ontstaan,

’n tydperk waarin die blanke wegbeweeg van diskriminasie teenoor die Bantoe wat sy eie gebiede betref; dat hy hom plaas op die eerste stap van ten volle ontwikkeling.

Hy het hierdie toespraak afgesluit met die woorde:

Ons wil opbou ‘n Suid-Afrika waarin Bantoe en blanke as goeie bure langs mekaar kan woon en nie as mense wat in gedurige twis om heerskappy verkeer nie.

Daar is dan ook onmiddellik voortgegaan om wetgewing te implimenteer ten einde hieraan uitdrukking te gee. Op 20 Mei 1959 het Dr Verwoerd dan ook verklaar dat daar geen perke rus op die strewe van die Bantoe om hul gebiede tot onafhanklike state te ontwikkel nie. Hy verklaar dat hy:

... liewer op die ou end sit met 'n kleiner staat in Suid-Afrika wat blank is ... as met 'n groter staat wat al klaar weggegee is aan Bantoe-oorheersing.  

Op 24 Mei 1959 in ‘n openbare toespraak te Vrede in die Oranje Vrystaat stel Dr Verwoerd die beleid soos volg:

Die wêreld moet oortuig word dat die blankes in Suid-Afrika ook 'n reg het. Die blanke gaan as blanke sy gebied regeer, maar hy gaan aan die Bantoe sy gebiede gee waarin hy self kan regeer.

Sy opmerking op 5 September 1959, toe hy gereageer het op die Verenigde Party wat beweer het dat die Nasionale Party met sy beleid die land wil verdeel, is waarskynlik aanduidend van sy siening van die historiese verloop van sake in Suid-Afrika. Hy het verklaar:

Ons wil nie die land verdeel nie; die geskiedenis het hom verdeel.


Dit is natuurlik so dat die Blankes in Suid-Afrika met die Afrikaner aan die voorpunt ‘n bepaalde siening oor die skeiding wat daar tussen Balnk en Nie-Blank moes plaasvind, gehad het en dat dit deurgaans in wetgewing neerslag gevind het. Dit was die uitgangspunt sedert die tyd van die Voortrekkers. Die siening was naamlik dat daar ‘n gebied bekend as “Blank” Suid-Afrika ontstaan het wat deur middel van besetting, onderhandeling en ruiltransaksies op ‘n wettige wyse bekom is. Hierdie siening is bestaanbaar met die beginsels oor die verkryging van grond in die Internasionale Reg.

 

Verwoerd se beleid het daarop neergekom dat blote skeiding onvoldoende was in die lig van die aanspraak van volke op volledige selfbeskikking, asook die aandrang op stemreg en veral om op die hoogste vlak van 'n land se regering verteenwoordig te word.


Verwoerd het van die standpunt uitgegaan dat die blanke homself slegs sou kon handhaaf in die toekoms indien die beleid van skeiding die ewigdurende beleid van Suid-Afrika bly. Hy het dit nie beskou as dat die waardigheid van mense aangetas word nie, want soos hy gestel het:

...you accept differences between people. We do not want to discriminate in the ultimate end, we want to differentiate.

Ook ten opsigte van die Kleurlinge en Indiërs was dr Verwoerd dieselfde mening toegedaan, naamlik dat skeiding die aangewese weg was en dat die selfbeskikking van hierdie groepe langs die weg van volkome skeiding en deur middel van selfbestuur in eie gebiede moes geskied.

Daar is gevolglik deurgaans van die standpunt uitgegaan dat die Blankes ‘n “historiese reg” op “Blanke grond” het, maar tegelykertyd is die reg op selfbeskikking van die ander volkere nie ontken nie.

Dr Verwoerd wou die beleid tot sy volle konsekwensies wou deurvoer, naamlik dat volledige skeiding moes plaasvind met volwaardige selfregering. Hierdie uitgangspunt het ‘n totale verdeling van die land tussen ‘n Blanke staat en swart state voorsien.

Begronding van partisie

Die vraag op welke grondslag die argumente ten gunste van partisie berus, is onder meer:

1.         Wie was eerste waar? Die oorspronklike bewoners (besetters) sou dan op          daardie grond wat hulle beset het, geregtig wees.  

2.         Daar bestaan 'n groot identiteitsklowing tussen die verskillende volke in             Suid-Afrika en is hierdie kenmerke betreklik onveranderlik. Partisie is dus      gebaseer op identiteitsbeskerming.

3.         Die Blankes en die Afrikaners was ‘n steeds kleiner wordende      getalleminderheid en sou in ‘n eenheidstaat verswelg word.Daarom was       die afgrensing van ‘n eie, eksklusief blanke en Afrikaner-volksbodem ‘n         voorvereiste vir die moontlikheid tot sinvolle, konstruktiewe en positiewe             gesprekvoering en samewerking met ander volke van Suid-Afrika.

4.         Afrikaners as ‘n volk, was soos die ander volke, ook op selfbeskikking geregtig.            In die geval van die Afrikaner in Suid-Afrika kon die behoefte aan selfbeskikking       slegs deur partisie en selfregering vervul word.

Argumente teen partisie

Verskeie argumente is voorgehou waarom partisie nie kon slaag nie. Een was dat die reg op partisie en sesessie nooit gepositiveer is in die sin dat dit as afdwingbare reg erken is nie. Daarbenewens is daar groot meningsverskille oor die woord “peoples”. Daar word dan ook aangesluit by die meerderheidstandpunt in die Internasionale Reg wat betref die feit dat die staat in sy geheel op selfbeskikking geregtig is en nie die onderskeie komponente binne ‘n staat nie, asook oor die afweging van die territoriale integriteit van die staat teenoor die regte van minderhede.

Tog bestaan verskeie voorbeelde wêreldwyd waar partisie en sesessie toegepas is. Ná 1994 kom Eritrea en Suid-Soedan tot stand — voorbeelde wat as niks anders nie as sesessie (afskeiding) beskou kan word.

Weliswaar het die Suid-Afrikaanse situasie talle ander probleme wat in die pad van partisie en sesessie staan. Die volksgroepe woon hoe later, hoe meer, verspreid en deurmekaar wat groot bevolkingsverskuiwings sou impliseer. Daar is ook onduidelikheid oor wie (watter volke) op partisie aandring en hoe groot die meerderheid(stem) moet wees wat daarop aandring binne ‘n volk.

Internasionale reaksie op apartheid

Die apartheidsbeleid van die Suid-Afrikaanse regering en waarvan dr Verwoerd seker die vernaamste vertolker was, is hewig gekritiseer. Wat egter nie aldag besef word nie, is dat hierdie beleid ook vanuit die buiteland aangeprys is. So het lord Fraser in die Britse Hoërhuis hom soos volg oor die beleid van skeiding uitgelaat:

This is not the best way of life. Indeed, no attitude of men towards each other which involves class distinction or racial discrimination is the best way of life. But mankind has lived with it for a very long time, and we have had to resort to it from time to time. We could not solve the Irish problem without partition; we could not solve the Indian problem without partition, and the same thing applied in Palestine where there was partition ... Why is this? It is because certain persons of different races . . . dislike each other so much, or have such different ways of life, or are at such different stages of development, that they cannot or do not live comfortably together. It is better then . . . to separate them than to continue with the difficulties which arise and which sometimes become intolerable....I refer . . . to the Transkei. The Government which has been set up in the Transkei is almost an exact replica of the Government which we have had in Basutoland for the last five years.... I am bound to say that I think both of them are a good idea, and I can see no logical reason why we British should praise what we have done in Basutoland and criticise the South Africans for what they have done in the Transkei, because the two things are identical.”

Apartheid en Uti Possidetis


Die beleid van apartheid is deur internasionale regslui beskou as 'n skending van die beginsel van uti possidetis. Laasgemelde beteken dat die koloniale grense van state (al is dit hoe arbitrêr getrek deur die imperiale magte), nie gewysig kon word nie. Die internasionale gemeenskap het geargumenteer dat Suid-Afrika die land wil opkerf en die Swartes hulle regte sò wou ontneem. Dr Verwoerd se antwoord daarop was dat die geskiedenis self hierdie grense getrek het en dat hierdie gebiede in elk geval deur hierdie mense bewoon was. So het hy op 11 September 1962 gestel dat die regering nie Transkei of Zoeloeland geskep het nie, net so min as wat Engeland Basotoeland (Lesotho) en Swaziland geskep het. Dit was volgens hom 'n (natuurlike) verdeling wat deur die geskiedenis gebring is en dat, soos in Europa, Suid-Afrika probeer om met grenslyne orde te skep en daardeur die blanke se erfreg te verseker.

Dit is interessant om daarop te let dat die wêreldgemeenskap sterk te velde trek ten gunste van die beginsel van uti possidetis in sekere gevalle, soos Suid-Afrika, maar waar daar 'n afskeidingsbeweging is wat uiteindelik hulle onafhanklikheid verklaar, soos in die geval van Eritrea (wat suksesvol afgeskei het van Ethiopië, en erken is), die beginsel van uti possidetis blykbaar nie meer aanwending vind nie. Wat inderdaad gebeur is dat die internasionale gemeenskap somtyds geen ander keuse het as om kennis te neem van 'n nuwe feitelike situasie nie; en dit selfs aanmoedig, soos ook in die geval van Suid-Soedan..

Die ander argument wat teen die beleid van Dr Verwoerd gehou word, is die feit dat die meerderheid van die bevolking van die RSA nie die "selfbeskikking" soos hy dit gesien het, wou hê nie. Die vraag wat hier moet gevra word is: Watter meerderheid? Indien die bevolking van 'n land in sy geheel gesien word, sal klein volkere nooit 'n aanspraak kan hê op volledige selfbeskikking nie en word die historiese aansprake van volkere op grondgebiede eenvoudig van die tafel gevee. So 'n standpunt neem as vertrekpunt bloot die de facto situasie in 'n land sonder om die demografie en historiese verloop van so 'n land en dié se inwoners in aanmerking te neem.

Daar kan met reg geargumenteer word dat dr Verwoerd die ontwikkeling van selfbeskikking eintlik vooruitgeloop het met die stappe wat hy in Suid-Afrika wou implimenteer.   Dit is wel so dat daar vandag gesê kan word dat die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking die weg van “selfbeskikking van die geheel” (wat niks anders is as blote meerderheidsregering nie) gekies het, maar is dit ook 'n feit dat die keuse van selfbeskikking in 'n eie grondgebied nooit aan die verskillende volksgroepe by wyse van 'n referendum of volkstelling gestel is nie. Die skep van bepaalde persepsies (en aanblaas van 'n negatiewe stemming) oor die aangeleentheid het dit eintlik onmoontlik gemaak om die saak objektief te beredeneer.


Die bewoording van die huidige Grondwet bevestig die eensydige aanname hierbo gemaak dat daar van die standpunt uitgegaan word dat die reg op selfbeskikking aan voldoen is toe elke inwoner van hierdie land wat stemgeregtig is, in 1994 (en dus ook daarna) die geleentheid gekry het om te stem. Artikel 235 maak wel voorsiening daarvoor dat die reg van enige gemeenskap wat ‘n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, se reg op selfbeskikking erken word “binne ‘n territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal”. Op die oog af lyk dit asof daar inderdaad voorsiening gemaak word vir die reg op selfbeskikking van ‘n groep deur die huidige Grondwet. By nadere ontleding wil dit egter voorkom of dit geregverdig is om te argumenteer dat die bewoording so beperkend is dat die “reg” wat geskep is eintlik niksseggend is. Nasionale wetgewing, dus die wil van die meerderheid, sal bepaal of die minderheid (groep wat op die reg aanspraak maak) wel sodanige reg sal hê en op welke territoriale entiteit in die Republiek sodanige aanspraak gevestig kan word.

Volkstellings

Die internasionale wêreld is baie gesteld daarop dat waar selfbeskikking ter sprake is, die mening van die mense by wyse van 'n volkstelling of referendum verkry moet word. So het die Krim dan ook deur middel van 'n referendum aangdui dat hulle hulleself by Rusland wou skaar — tot ergernis van die VSA! Wat in Suid-Afrika gebeur het is dat die bevolking bloot as 'n geheel beskou is en dat die uitslag van die 1994-verkiesing gesien is as 'n duidelike standpuntinname vir selfbeskikking van die bevolking van Suid-Afrika as 'n geheel.

Laasgenoemde is niks anders nie as 'n ontkenning van die reg op selfbeskikking soos dit deur dekades heen ontwikkel het, synde die reg duidelik bedoel was aan volkere (groepe) toe te kom en nie bloot aan die totale inwoners van 'n land nie. In hierdie verband dui die toenemende ontevredenheid van talle volkere na die 1994-verkiesing op die feit dat nie aan hulle strewe om selfbeskikking voldoen is nie. Toe die verskillende volkere in die ou USSR en Joegoeslawië enigsins in die geleentheid gestel is om hulle voornemens oor hulle afsonderlikheid uit te spreek, het hulle ondubbelsinnig verklaar om hulle reg op selfbeskikking uit te oefen binne eie staatsverband.


Daar kan trouens aangevoer word dat nie een volk in Suid-Afrika tans die reg op selfbeskikking het nie maar dat daar bloot meerderheidsregering is ten aansien van die geheel van die bevolking van Suid-Afrika.

As 'n volkstelling dan die laaste vereiste waaraan voldoen moes word, sou dit in elke geval deur die onderskeie swart volkere in hulle eie gebiede gedoen kon gewees het. Maar eers was dit nodig om die nodige skeiding daar te stel en ook die Blanke se voortbestaan te verseker deur hom nie uit te lewer aan die wil van 'n swart meerderheid nie.

Opsommend

Daar is vandag (steeds) twee hoof denkstrome binne Afrikanergeledere. Die een groep, wat as liberaaldenkend beskou kan word, sien die Afrikaner se toekoms binne ‘n verenigde Suid-Afrika. Daarmee saam word begrippe soos "geen diskriminasie", die “reënboognasie”, eenvormigheid, nuwe “saambindende nasionale simbole” ensovoorts, gepropageer.

Teenoor hierdie groep staan diegene wat hul op die Afrikaans-nasionale basis stel en van die standpunt uitgaan dat die Afrikaner ‘n reg op selfbeskikking binne ‘n eie gebied moet hê om sy selfbehoud en sefverwesenliking te verseker. Die wat hulle op die nasionalistiese basis stel, beskou die strewe na volwaardige selfbeskikking en selfbetuiging as die enigste waarborg vir uiteindelike selfbehoud en selfverwesenliking binne ras- en volksverband. Hulle staan in skrille kontras en in direkte stryd met diegene wat Suid-Afrika as multi-etniese eenheidstaat sien en hulle daarvoor beywer.


Hierdie stryd in Afrikanergeledere duur voort te midde van die feit dat die Afrikaner se posisie in vele opsigte verswak het sedert 1994. Daarbenewens moet daardie Afrikaners wat hulle beywer vir die behoud van Afrikaans, volkseie skole, volkseie instellings en Afrikanerselfbehoud op elke terrein van die samelewing, toesien hoe daar enersyds uit eie geledere weerstand daarteen gebied word, en andersyds deur die regering van die dag toenemend stappe geneem word om die uitlewing van hierdie waardes onmoontlik te maak. Alles wat eie aan die Afrikaner is waaronder sy taal, sy godsdiens, sy feesdae, sy kultuurgoed, en sy instellings word geminag en gekortwiek.

Die toekoms

Die aanspraak op selfbeskikking en nasionalisme oorvleuel in talle opsigte. In Suid-Afrika het die oplewing van nasionalisme altyd gepaard gegaan met die stryd en strewe van die Afrikaner om ‘n eie staat, dit wil sê volledige eksterne selfbeskikking.

Om die grootste vorm van selfbeskikking te beleef beteken dat ‘n volk soewereiene onafhanklikheid binne ‘n eie staat (en dus geografiese gebied) moet hê. Die Afrikaner is geen uitsondering nie. Die opheldering en in sommige gevalle selfs aktiewe voortstuwing van die tradisioneel identifiseerbare kenmerke van Afrikaner-nasionalisme, is ‘n werklikheid wat op feitlik elke lewensterrein waargeneem kan word. Die beskerming van menseregte het nie die Afrikaner se aansprake op selfbeskikking ondervang nie. Inteendeel, dit poog om dit uit te wis. Die verwesenliking van individuele regte is die verwesenliking van enkelinge se aspirasies en dikwels ten koste van groepe se aspirasies.

Die menseregte-leerstuk verteenwoordig ‘n humanisties-gefundeerde individualisme, en staan in teenstelling met nasionalisme omdat nasionalisme vanuit die groep (volk of nasie) spruit, dit ‘n kollektiewe gedragspatroon vereis, en die individu sy begeertes en ideale binne die groter groepsverband soek.


Die beskerming van taal-, kultuur-, en godsdienstige regte binne ‘n grondwetlik verskanste handves van menseregte is beperkend met betrekking tot die Afrikaner se strewe na selfbetuiging. Dit is onmoontlik om aan meer as een groep binne dieselfde gebied selfbeskikking te gee.

Die Afrikaner se strewe na ‘n reg op selfbeskikking sal slegs in ‘n afsonderlike konsititusioneel-staatkundige bestel (en gevolglik in ‘n eie grondgebied) ten volle verwesenlik kan word. Die kanse dat dit deur vreedsame partisie kon gebeur, het in 1966 gesneuwel. Nou bly moontlik net (eensydige) sesessie oor.

Dr Verwoerd het verder vooruitgesien as wat meeste besef. Partisie soos wat deur Verwoerd beoog was, kon aan elke volk op vreedsame wyse selfbeskikking verseker. Sesessie, alhoewel 'n drastiese stap, kan moontlik 'n tussentydse oplossing wees in die lig van die toenemende volksmoord op die Blankes. Daarmee word bedoel dat 'n "veilige hawe" moontlik as vertrekpunt beskou kan word op weg na die herstel van die Blankes se historiese erfenis.

'n Onbereikbare ideaal? Was dit dan nie dr Verwoerd se uitgangspunt dat die ideaal sterker as die werklikheid is nie!

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie