1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4315334

Besoekers aanlyn

Ons het 25 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAAR IS DIE SËËN VAN ONS ERFDEEL?

BybelNehemía 9:1-37

“En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het ge-eet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.” (:25).

Daar is ‘n bekende spreukwoord wat lui dat ‘n mens nie weet wat jy het voordat jy dit verloor nie. Waarom moet ‘n mens eers iets wat kosbaar is, verloor alvorens jy dit werklik waardeer? Dink maar aan dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar – gesondheid, sig, gehoor, ons geliefdes, ons werk. Nie alleen aanvaar ons dit as vanselfsprekend nie, maar kan soms ondankbaar wees in hierdie verband.

Dink maar hoedat ek kan wens dat my vrou so mooi was as ‘n ander, of dat ek slimmer was of beter in my werk kon wees wanneer ek my met ‘n ander vergelyk. Wanneer ek egter hierdie erfbesit van my verloor, verdwyn alle gedagtes van vergelykbaarheid met ander en besef ek die kosbare waarde hiervan meer as ooit vantevore. Dit is dan wanneer ek nie vir ‘n oomblik die eiendom van ‘n ander begeer wat voorheen soveel beter as my eie gelyk het nie, maar net hartstogtelik wens om dit wat myne was te kan herwin.

 

Nie te lank gelede nie, was ons volk in erfbesit van ‘n allerkosbaarste erfenis. Ons het gewoon en geleef in ‘n land wat deur die Allerhoogste vir ons afgemeet is hier aan die Suidpunt van Afrika. Ons lewe en strewe was om God te dien in ons daaglikse lewenswandel en volksbestaan. Ons het gestreef om te leef as knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry. Ons parlement, ons kerke, skole en die oorgrote meerderheid van ons samelewing was uit vrye wil onderworpe aan die gesag van God Drie-Enig. Allermins was ons skaam oor ons erfenis en ons het selfs ons strewe in ons grondwet van 1961 baie duidelik geproklammeer. Ons liefdevolle hemelse Vader het Sy Hand van seën en voorspoed ook nie vir ons toegehou nie.

Die Afrikanervolk het egter die voorbeeld van die volk Israel van ouds gevolg en die ongekende voorspoed het ons bedorwe laat raak. Die hoë sedelike lewenswyse en strewe is bederf terwyl daar na allerhande sinlike genot gehunker is. Sterk beginselbasisse moes begin plekmaak vir die strewes na sport, vermaak en die verfoeilike “Hollywood” wat in ons huise ingesleep is. Ons kinders is blootgestel aan hierdie verderflike(ver)leermeester wat allerhande gedagtes, beelde en denkrigtings by hulle inprent. Terselfdertyd is verwag dat hierdie kinders as gebalanseerde volwassenes met Godvresende waardes moet ontwikkel en nie goeie waardes en norme moet (ver)leer nie.

Die gesonde Godsdiensoefening word verwaarloos en familietyd word agterweë gelaat, want daar is soveel sportaktiwiteite wat afgehandel moet word. Hierdie mededingendheid in die sportwêreld raak ook later ‘n ingesteldheid waarin mense op allerhande lewensterreine met mekaar in voortdurende kompetisie leef in plaas daarvan om mekaar te ondersteun en by te staan. Dink maar gerus daaraan hoedat mense mekaar in die verlede bygestaan en ondersteun het in moeilike omstandighede, maar vandag is dit net kompetisie om die duurste motor, grootste huis en watter ander materiële hoogste standaard te handhaaf. Ek vra u om my te wys waar in die Bybel dit voor God welbehaaglik is wanneer ‘n broer oor ‘n ander broer triomfeer of hom uitpresteer eerder as om sy broer barmhartig te wees?

Wanneer ons in retrospek kyk met watter handelswyse ons God se ryke seën begroet het, sal ons ook dalk maar ons hoof in skaamte moet laat sak. Was Hy onregverdig om ons oor te gee in die hande van ‘n heidense regering? As ons harte dan gehunker het na ‘n sekulêre bestel waar ons vry kan wees van God se verordeninge, waarom word die swaarkry en ellende van ‘n sekulêre samelewing aan Hom toegedig? As dit waar was dat die afdwaling en verwerping van die Woord eintlik die weg na “vryheid” is, waarom is die samelewing vandag in ‘n doodloopstraat?

Wanneer die smart van ‘n losbandige en “vrysinnige” samelewing egter sy tol begin eis, wil mense advertensieborde langs snelweë begin oprig waarin God blameer word vir hierdie ellende. “As God dan ‘n God van liefde was, waarom al die swaarkry?”, is byvoorbeeld die lasterlike waansin wat op advertensieborde verskyn om die ellende van ‘n samelewing se verkeerde keuses en dwalinge aan God toe te dig. Word die mens dan nie pertinent gewaarsku dat ellende juis die gevolg sal wees van afdwaling van die regverdige verordeninge wat God aan die mens gegee het om daardeur te lewe nie? “En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, waarvan geld dat ‘n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het ‘n wederstrewige skouer gegee en hulle nek verhard en nie geluister nie.” (:29).

In Suid-Afrika is die Afrikanervolk ook vandag gestroop van ‘n eensgesinde Godvresendheid onder ons volk. Ons is gestroop van ‘n Godvresende en pragtige, rein kultuur omdat die verderflike sekulêre kultuur van die wêreld vir ons meer aanneemlik vertoon het.  Dit het meer roemryk gelyk om geëer te word as die rugbywêrelkampioene as om geëer te word as die volk wat die vaandel van die Christendom bo alles hoog bly dra. Dit het makliker geword om kinders voor die televisie neer te plak en by dagmoeders af te laai as om self die voorreg na te kom om ons kinders in die weë van God te onderrig en hulle op te voed.

Mag God ons behoed dat die dag aanbreek dat dit vir ons meer aanneemlik en makliker word om die juk van slawerny in die heidenwêreld te dra as wat dit vir ons is om die kruis van ons Verlosser in hierdie wêreld te dra. Mag Hy in ons harte opnuut die besef laat ontwikkel dat ons geroepenheid om as Sy kinders te leef nie vir ons ‘n straf en ‘n las was of is nie, maar die grootste voorreg, die grootse seën wat ons ooit te beurt kan val!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie