1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4386825

Besoekers aanlyn

Ons het 89 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAT IS DIE BETEKENIS VAN BREXIT?

Brexit moontlikhedeBehalwe dat dit staan vir die uittrede van Brittanje uit die Europese Unie en die bedreiging wat dit vir die Euro inhou, is daar die moontlikheid van nog ander “skipverlaters”. Die geldmag se vreesaanjaende propaganda vir die katastrofale gevolge wat dit wêreldwyd gaan hê en die dienooreenkomstige “gestruktureerde” daling van die waarde van uitgesoekte geldeenhede, is die voorlopers van die Nuwe Wêreld Orde, oftewel New Age drywers om hulle ontspoorde waens weer op die spoor te kry!

Maar  dit het ook ’n ander baie belangrike betekenis. Die ander, en veral tot voordeel van Nasionalisme, is die ander betekenis, dat dit uiteindelik ’n duidelike aanduiding is dat die gewone man op straat, die kieser, nie meer genoë daarmee is om blote stemvee te wees en só in ’n stroom gedwing te word nie!

Soos in Amerika waar teenkanting téén die CFR-kandidate en die geldmagbefondste pollitieke retoriek deur massas mense, teen alle verwagting in bloot ignoreer word, so bewys die Engelse kiesers teen alle verwagting in dat hulle vir hulleself begin dink en nie meer maklik aan die neus gelei gaan word nie!

Hierdie verskynsel moet ernstige kommer in die geldgedrewe geledere veroorsaak. Dit moet ’n ernstige belemmering in die magte van die duisternis se beplande Één Wêreldregering, één Geldstelsel en één Godsdiens hê!

Die twee grootste oorsake vir die Britse kieser om hakke in die grond te slaan, was die bedrae geld wat aan die Europese Unie betaal moes word terwyl die man op straat in Engeland self swaarkry en tweedens die vrees vir gebrekkige grensbeheer wat alreeds ’n Moslemburgemeester, Sadiq Khan in London tot gevolg het.

Die gevolge van rasvermenging was en is nog altyd ontwrigtend en ontwikkel altyd, na mate die een ras die ander getalsgewys oorheers, in konfrontasie, konflik en uiteindelik vernietiging van sedes en waardes en selfs lewe. In die geval van Khan is daar alreeds in Engeland bewys hiervan:  “Conservative Party candidate Zac Goldsmith accused Khan of giving “platform, oxygen and cover” to Islamic extremists. He also accused Khan of “hiding behind Britain’s Muslims” by branding as “Islamophobes” those who shed light on his past.

The questions are genuine, they are serious. They are about his willingness to share platforms with people who want to ‘drown every Israeli Jew in the sea.’ It’s about his having employed someone who believed the Lee Rigby murder was fabricated. It’s about his career before being an MP, coaching people in how to sue the police.” — Conservative Party candidate Zac Goldsmith.

In 2008, Khan gave a speech at the Global Peace and Unity Conference, an event organized by the Islam Channel, which has been censored repeatedly by British media regulators for extremism. Members of the audience were filmed flying the black flag of jihad while Khan was speaking.

By ons is dit die uitsprake van verskeie swartes soos: Afrikaners is niegeregtig op enige grond nie omdat ons dit van hulle gesteel het. Hanekom wat sê dat rassisme, soos die van die man wat weier om swartes en regeringsamptenare in sy gastehuis te ontvang, met wortel en tak uitgeroei moet word. Die regter wat ’n vrou met R150,000 beboet oor ’n rassistiese uitspraak. Blankes word uit hul poste gedwing, benadeel en werksaansoeke geweier omdat hulle blank is en dít is nie rassisties nie! Omdat die vorige “benadeeldes” nou bevoordeel moet word, kan onreg geregverdig word. En ons moet alles net eenvoudig aanvaar asof dit reg is!

Daar word vir baie jare al, omslagtig verduidelik waarom die beginsel van afsonderlike ontwikkeling tussen rasse en selfs net tussen verskillende etniese en godsdienstige groepe gehandhaaf moet word. Die onlangse gebeure in Europa, met die toestroming van vlugtelinge uit hulle oorloggeteisderde lande wat in hulle duisendtalle nuwe heenkome soek, het die waarde van die Afrikanervolk se verketterde, maar beproefde en bewese suksesvolle beleid, weer onder die soeklig kom plaas.

Die “skuldlas” van apartheid wat die Amerikaners en Britte vir politieke gewin op die Afrikanervolk gelaai het en dr. H.F.Verwoerd sommer die “Vader” daarvan gedoop het, word nou deur lande soos Israel, Hongarye, Duitsland, Amerika, Engeland, Holland, in kort, feitlik die hele Europa, oorgeneem en toegepas as beskermingsmaatreël teen verdringing. God is regverdig en barmhartig en genadig en het die Afrikanervolk se ellende gesien en ons gebede gehoor!

Terwyl die res van die wêreld besig is om wakker te word en standpunt in te neem teen die onreg waaraan die liberale ontplooide akademici, politici en finansiële instellings hulle onderwerp het en steeds wil beheer, is dit nodig vir ons eie volksgenote om weereens te kyk na die redes vir en die ware bedoeling met die beleid van afsonderlike ontwikkeling.

Hoewel die pogings van Solidariteit en AfriForum op die oog af lyk asof dit in belang van die Afrikanervolk is, het dit in die lig van voorbeelde uit die geskiedenis en die huidige gebeure in Europa, géén potensiaal om te slaag nie, net so min as wat die landbou-organisasies wat aanhou toegewings maak en verset versaak, sal slaag om enige positiewe bydrae te maak in die Afrikanervolk se vryheidstryd.

IN BELANG VAN SUID AFRIKA

Met verwysing na die onlangse verklaring van die Israelse regering dat: “Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,”deur Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, is dit betekenisvol om weereens die ware bedoeling met die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling te bekyk en die skuldlas van rassisme vir ewig van ons nekke af te haal! Ons haal aan uit die DEBATTE VAN DIE VOLKSRAAD DEEL 101, KOL. 6513-40; PELZER, BL. 254-75, en beklemtoon gedeeltes om valse aantygings wat deesdae na willekeur rondgeslinger word sonder enige substansie daarvoor, met die waarheid te konfronteer. .

Verwoerd Strydom en MalanToe dr. Verwoerd minister geword het, het hy in 'n personderhoud met buitelandse joernaliste verklaar dat, "hoe verder die reservate ontwikkel, hoe meer sal die naturelle daarop aandring om regstreeks met die Regering te onderhandel". Naturelle-hoofde het reeds meermale by hom aangedring op die afskaffing van die bestaande verteenwoordiging in die Parlement1 . Hy het hierdie bewering 'n paar dae later, op 18 September, in sy beleidsverklaring in die Volksraad herhaal en daaraan toegevoeg dat die naturelle kla dat hulle hul verteenwoordigers in die Parle¬ment slegs sien wanneer daar verkiesings was.

Verwoerd het van die kongresse van die Nasionale Party gebruik gemaak om, voordat hy die saak in die Volksraad weer sou aanroer, dit heel duidelik te stel wat sy doel was. Op 28 Oktober het hy op die Kaapse kongres in Die Strand gesê:  "Wanneer die Nasionale Party praat oor die toekoms van die nie-blanke gebiede, is een van die geliefkoosde aanvalle van die Verenigde Party dat die Nasionale Party Bantoestate wil skep ... Die Nasionale Party sê hy sal die gevolge aanvaar, mits ons die losprys van Suid-Afrika kry. Die vraag lê nie in die moontlike ontstaan van Bantoestate nie, maar wel daarin dat Suid-Afrika een Bantoestaat kan word.

Hierdie selfde gedagte het Verwoerd twee weke later, op 12 November, op die Transvaalse kongres as volg geformuleer: " 'n Mens kan jou nie 'n toekoms vir Suid-Afrika voor-stel wat nie in een van die twee rigtings ontwikkel nie: of die Bantoe sal sy regte moet hê in sy eie gebiede en die blanke volk beheer in sy gebied, of daar sal 'n deurmekaar Suid-Afrika moet wees met die heerskappy in die hande van die meerderheid, nl. die Bantoe. Daar is geen ander uitweg nie. Die keuse is nie of daar Bantoestate sal wees waar die Bantoe hul regte sal hê nie en of daar sulke state sal wees nie; die keuse is of die hele Suid-Afrika deur die Bantoe, wat die meerderheid is, geregeer sal word of nie."'

de Villiers GraafOp 27 Januarie 1959, nadat sir De Villiers Graaff die gebruiklike mosie van wantroue in die Regering aan die begin van die sitting van die Parlement gestel het,  het Verwoerd van die geleentheid gebruik gemaak om die beleid van sy teenstanders met sy eie te vergelyk. Hy het daarop gewys dat die Verenigde Party " 'n veelrassige gemeenskap aanvaar, maar daar-binne wil hy nogtans blanke leierskap 'met regverdigheid' behou". Die Verenigde Party meen dat hy die politieke mag kan behou deur sekere toegewings te doen, Verwoerd het verklaar dat die Verenigde Party so 'n beleid nie sou kon handhaaf nie. Die Verenigde Party "moet die tekens van die tyd lees. Dit is 'n vorm van vennootskapregering . . . Miskien sal die vennote minder mag hê as op die oomblik in Kenia, selfs minder as op die oomblik in die Federasie van Midde-Afrika, maar perti¬nent tog word die Unie daarmee op die pad geplaas van vennootskap . .. Maar die Bantoe van Afrika wil dit nie hê nie". Die Bantoe elders in Afrika eis dat al die politieke mag in hul hande geplaas moet word. "Dit is die onvermydelike en onverbiddelike end van daardie rigting , . . So sien die Nasionale Party dit met al sy gevare." (Vergelyk nou daardie helder politieke insig met wat ons vandag in Suid Afrika ervaar)

Verwoerd het daarop daartoe oorgegaan om die beleid van die Nasionale Party te stel. Hy het as uitgangspunt die politieke omstandig-hede in die buiteland geneem. Hy het gesê dat "jy kan nie regeer sonder rekening te hou met die strominge in die wêreld en in Afrika nie ... Die beleid moet daarmee rekening hou. En jy kan daarmee rekening hou met behoud van jou blanke landsbestuur as jy in die rigting van skeiding beweeg..." Sy eie beleid het Verwoerd as volg geformuleer: "Ek sorg ook dat ek 'n pad kies waarin ek vir die blanke aan die een kant in sy gebied die volle bestuursreg alleen behou, maar waarin ek aan die Bantoe, onder my sorg as voog, die volle geleentheid gee om in hul gebiede hul voet te sit op 'n pad van ʼn ontwikkeling waarop hulle kan vorder ooreenkomstig die vermoë wat hulle het."

Verwoerd het gekom by 'n gedagte wat vir sekere mense miskien rewolusionêr geklink het, omdat hulle nie deeglik op hoogte van die groot wêreldgebeure was nie. Vir mense wat egter wel op hoogte was, het dit 'n nuwe geluid van hoop en vertroue gebring. Verwoerd het verklaar: "En as dit so mag wees, in die toekoms, dat hulle (die Bantoe) vorder tot 'n baie hoë peil, dan sal die mense van daardie toekoms rekening moet hou met hoe om die verhoudings verder te reorganiseer. Ek het al self duidelik aangedui een van die metodes wat ek dink prakties uitvoerbaar sal wees duidelik aangedui. Ek het nl. gesê dat ek as vergelyking die Britse Gemenebes van Nasies neem waar die verskillende bestanddele nie in die moeder-parlement verteenwoordig is nie, maar binne watter organisasie daar tog verbande is - ekonomies en andersins — waardeur daar samewerking kan wees sonder dat daar ooit 'n gemengde parlement of regering tot stand kom, hetsy van die land self of van 'n federasie".

Nadat hy sy beleid so verduidelik het, het Verwoerd verklaar dat daar nou tot 'n volgende stap in die beleid van die Nasionale Party oorgegaan kon word. In sekere reservate of tuislande was daar onder die Wet op Bantoe-Owerhede reeds so ver gevorder dat gebieds-owerhede ingestel kon word. Daarop moet nou 'n verdere stap volg. Dit sluit in "om 'n duideliker skeiding op politieke gebied teweeg te bring as wat vandag bestaan. Dit beteken ook die beëindiging van "die oorblyfsels van 'n soort vennootskapsbewind" wat in 1936 ingestel is. Verwoerd het daarmee bedoel die verteenwoordiging van die Bantoe in die Parle¬ment. "Ons moet in die plek daarvan stel 'n bestuurskans vir die Bantoe in hul eie ge¬biede."

Verwoerd het hierna nog 'n gedagte uitgespreek wat vir sekere mense waarskynlik te rewolusionêr geklink het. Hy het gesê: "Ons moet sorg dat die buitewêreld besef, en dat die Bantoe besef, dat hier 'n nuwe tydperk ontstaan, 'n tydperk waarin die blanke wegkom van diskriminasie teenoor die Bantoe wat sy eie gebiede betref; dat hy hom plaas op die eerste stap van volle ontwikkeling."

Aan die einde van sy toespraak het Verwoerd sy standpunt as volg saamgevat: "Dit is waarop ek al die nadruk wil lê; dat die strewe wat ons het, ... nie is om af te breek nie maar om op te bou. Ons wil opbou 'n Suid-Afrika waarin Bantoe en Blanke as goeie bure langs mekaar kan woon en nie as mense wat in gedurige getwis om die heerskappy verkeer nie).

Met hierdie toespraak het Verwoerd die Bantoevraagstuk 'n nuwe fase binnegelei. Was dit sedert die dae van genl. Hertzog die beleid van die Nasionale Party dat sekere gebiede vir die bewoning van die Bantoe opsygesit moes word en dat daar aan hulle slegs 'n beperkte mate van selfbestuur verleen sou word, Verwoerd het met die oog op die veranderde omstandighede in Suid-Afrika self en in die wêreld daarbuite, tot die besef gekom dat dit alles nie meer voldoende was nie; daar moes tot 'n verdere stap oorgegaan word. Dit was om in die gebiede wat die Bantoe bewoon het, hom die reg te verleen om tot voile onafhanklikheid te ontwikkel.

Verwoerd sou in die strewe na die ontwik¬keling van 'n eie nasionale identiteit vir die Bantoe steeds 'n strenge skeiding maak. Hy was nie van plan om ooit toe te gee aan die druk van ontstamde Bantoeleiers wat onder die invloed van 'n ideologie soos die liberalis¬me of die Kommunisme verkeer het, wat die eie kultuur die rug toegekeer het, wat hom naas die blanke wou stel en wat nie teruggedeins het om van opruiing en geweld gebruik te maak nie. Dit het Verwoerd steeds verwerp as 'n valse uiting van die Bantoenasionalisme.

Hoe kon die Bantoenasionalisme ooit met die liberalisme of die Kommunisme verenig word.  Die suiwer vorm van die Bantoenasionalisme het Verwoerd gesien in die strewe na die aspirasies wat ten doel het om voort te bou op wat reeds op die gebied van 'n eie kultuur bereik  was  en  wat daarom geen klakkelose oorname van die vreemde was nie. Vir Verwoerd wat die nasionalisme by die Afri¬kaner vereenselwig het met 'n gees van toe-wyding en die lewering van diens aan die eie volk, was dit derhalwe vanselfsprekend dat die nasionalisme by die Bantoe ook aan hierdie vereistes moet voldoen, indien dit vir die volk van enige betekenis of waarde moet wees. Die ware Bantoenasionalis sou steeds van Verwoerd simpatie en aanmoediging kry; die valse Bantoenasionalisme sou steeds van Verwoerd bestryding kry.

DIE VALSE BANTOENASIONALISME SOU STEEDS VAN VERWOERD BESTRYDING KRY.

4.   Verdere stappe na Selfbestuur

Verwoerd sou in die eerste sitting van die Parlement, nadat hy regeringshoof geword het, twee wetsontwerpe laat indien wat hy as van die eerste vereistes beskou het vir die beleid wat hy van plan was om te volg ten einde die Bantoe op die weg van verdere ontwikkeling aan te help.

Die eerste van hierdie stappe was die afskaffing van die verteenwoordiging van die Bantoe in die Parlement en ter bevordering van verdere MDCDeWetNelselfbestuur in hul eie gebiede. Op 18 Mei 1959 het die Minister van Bantoe-administrasie en -Ontwikkeling, mnr. M. D. C. de W. Nel, die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad voorgestel. Hy het o.m. gesê; "Die grootste vraag wat Suid-Afrika in die afgelope 300 jaar geroepe was om te beantwoord, bestaan hierin: Of ons volkswording... moes afstuur op 'n veelrassige eenheidsgemeenskap, of dit moes afstuur op die ontwikkeling van aparte volksgroepe."

Mnr. Nel het verklaar Suid-Afrika "het ondubbelsinnig gekies en hy het die beleid van integrasie verwerp en die beleid van apartheid en eiesoortige ontwikkeling aanvaar". Die wetsontwerp beoog om hierdie proses voort te sit, omdat die Bantoevolke bestuur behoort te word volgens hul eie instellings. "Hierdie  stelsel skep uitingsmoontlikhede vir die begaafde en ontwikkelde Bantoe binne sy eie gemeenskap. Hy het nie nodig om te vlug van sy eie volksgemeenskap in die blanke gebied in nie." Die magte van die gebiedsowerhede, soos in die wet van 1951 omskryf is, sou belangrik uitgebrei word. Die Bantoe sou o.m. in sy gebiede sy eie howe kry).

Die, wetsontwerp is deur die Verenigde Party teengestaan omdat dit o.m. Suid-Afrika sou verdeel in swart state en 'n veelrassige staat2). 'n Driedaagse debat is daarop gevoer waaraan ook 'n paar lede van die Kabinet deelgeneem het.

Op 20 Mei het Verwoerd tot die bespreking toegetree met 'n toespraak wat meer as 'n uur geduur het. As sodanig was dit een van die grootste en vernaamste redevoerings wat Verwoerd oor die rassevraagstuk gehou het. Dit het bestaan aan die een kant uit 'n verduideliking van die eie beginselstandpunt en aan die ander kant 'n ontleding van die standpunt van die Verenigde Party in sy logiese konsekwensies.

'n Eerste beginsel wat Verwoerd gestel het, was dat met die wetsontwerp beoog word om voort te bou op wat die Bantoe reeds self aan bestuurstelsels geskep het. Hy het gesê: "Net soos die blanke beskawingsontwikkeling begin het by relatief eenvoudige bestuurstelsels, maar tog ontwikkel het tot die hoogste peile wat ons vandag het, sal hulle stelsel ook, maar met vergrote spoed, uitgaan van ... wat die Bantoe ken en daarvandaan ontwikkel word na wat dit kan word in die lig van sy ervaring van die progressiewe moderne blanke maatskappy waarin hy reeds lering verkry het en nog meer sal verkry."

Net soos in die jare toe hy nog Minister van Naturellesake was, het Verwoerd andermaal daarop gewys dat in hul eie gebiede daar vir die Bantoe geleenthede geskep word om net so hoog te klim as waartoe elke individu in staat was. "Honderde en honderde jong geleerde Bantoe het posisies van verantwoordelikheid en aansien gekry, wat hulle voorheen nooit geken het nie, in diens van hul nasie."

'n Tweede beginsel wat Verwoerd beklem-toon het, is dat daar geen perke rus op die strewe van die Bantoe om hul gebiede tot onafhanklike state te ontwikkel nie. Na aanleiding van 'n vraag van die leier van die opposisie het Verwoerd verklaar dat, "as dit binne die vermoë van die Bantoe is en as die gebiede wat... reeds sy eie ... is, kan ont¬wikkel tot volle selfstandigheid, dan sal dit so ontwikkel. Nog hy nog ek sal dit kan keer... en geeneen van ons opvolgers sal dit kan keer nie ..."

Moet Suid-Afrika tussen blank en nie-blank verdeel word of moet dit as 'n politieke eenheid gehandhaaf bly? Verwoerd het geen illusies gehad oor wat die gevolg sou wees, indien laasgenoemde die beleid moes word nie. Hy het verklaar: "Hier is niks anders moontlik nie as 'n gemeenskaplike Suid-Afrika, 'n veel-rassige land, hoewel die Bantoe die blanke drie en vier maal sal bly oortref in getalle. Dan se ek weer: Dan kies ek met ope gemoed en in die beste belang van die blanke ... 'n versekerde blanke staat... , wat ook al van die ander gebiede word, liewer as om my volk te laat opneem in een gemengde staat waaroor die Bantoe uiteindelik heerskappy moet voer. Een Bantoestan van die hele Suid-Afrika is die onvermydelike gevolg van die Verenigde Party se beleid." Verwoerd het sy formulering van hierdie aspek van die saak afgesluit met te verklaar dat die Verenigde Party " 'n bloedlose verowering aanvaar van die blanke gebied deur die Bantoe wat die blanke net as werker wou aanvaar het en as iemand wat vennoot en later oorheerser van sy land sou word ... As daar enige nasie ... is wat bereid sou wees om op hierdie wyse sy land van hom te laat roof..., dan sê ek ons aan hierdie kant is nie bereid om saam met die Verenigde Party die hendsoppers te wees wat hul land afstaan aan 'n bloedlose verowering nie".

Verwoerd het. beslis nie gehuiwer om beginsels te verkondig wat vir meer as een waarskynlik moeilik sou gewees het om te aanvaar nie. Daarmee het hy weer sy eerlikheid geopenbaar en so ook bewys dat dit in die politiek by hom nie om goedkoop populariteit gegaan het nie. Aan hierdie tweede beginsel van onafhanklike Bantoestate het hy nog die opmerking geknoop dat "ek liewer op die ou end sit met 'n kleiner staat in Suid-Afrika wat blank is... en wat sal staan as 'n bolwerk vir die blanke beskawing ..., m.a.w., liewer 'n blanke nasie hier wat kan veg vir sy voortbestaan as met 'n groter staat wat al klaar weggegee is aan Bantoe-oorheersing".

Die toespraak is met die volgende samevatting afgesluit: "Die Nasionale Party se standpunt is die van te strewe na 'n permanente blanke Suid-Afrika, watter gevaar dit ook mag bedreig, met gereedheid tot die ontwikkeling van gebiede waarin die Bantoebeheer kan toeneem onder die blanke as voog en met die verstandhouding dat, selfs al sou dit lei tot Bantoeselfstandigheid, dit deur staatsmanswysheid beoog word om te sorg dat daardie ontwikkeling in so 'n gees en op so 'n wyse sal plaasvind dat vriendskap moontlik sal bly, hoewel sonder dat die blanke ooit onder enige vorm van Bantoe beheer sal verkeer, hetsy in federale ... of in uniale vorm. Dit is die keuse.)"

Wet Nr. 46 van 1959 wat ten doel het "om voorsiening te maak vir die geleidelike ont¬wikkeling van selfbesturende Bantoevolkseenhede en vir regstreekse oorlegpleging" tussen hulle en die Regering, erken die etniese verskeidenheid van die Bantoe en verdeel hulle daarom dan ook in agt volksgroepe. As skakel tussen hulle en die sentrale regering tree 'n vyftal kommissarisse-generaal op. Met die in-stelling van die amp van kommissaris-generaal is inderdaad iets nuuts geskep want nie alleen woon hy in die gebied van die volk wat hy verteenwoordig, sodat hy die Bantoe met raad en advies kan help nie, maar hy staan ook in direkte verbinding met die Regering om laasgenoemde te verteenwoordig.

(AVP beklemtoning)

WAT IS DIE BETEKENIS VAN BREXIT?

Behalwe dat dit staan vir die uittrede van Brittanje uit die Europese Unie, het dit ook ’n ander baie belangrike betekenis. Die geldmag se vreesaanjaende propaganda vir die katastrofale gevolge wat dit wêreldwyd gaan hê en die dienooreenkomstige “gestruktureerde” daling van die waarde van uitgesoekte geldeenhede, is die voorlopers van die Nuwe Wêreld Orde, oftewel New Age drywers om hulle ontspoorde waens weer op die spoor te kry!

Die ander, en veral tot voordeel van Nasionalisme die ander betekenis, is dat dit ’n duidelike aanduiding is dat die gewone man op straat, die kieser, nie meer genoë daarmee is om blote stemvee te wees en só in ’n stroom gedwing te word nie!

Soos in Amerika waar teenkanting téén die CFR-kandidate en die geldmagbefondste pollitieke retoriek deur massas mense, teen alle verwagting in bloot ignoreer word, so bewys die Engelse kiesers teen alle verwagting in dat hulle vir hulleself begin dink en nie meer maklik aan die neus gelei gaan word nie!

Hierdie verskynsel moet ernstige kommer in die geldgedrewe geledere veroorsaak. Dit moet ’n ernstige belemmering in die magte van die duisternis se beplande Één Wêreldregering, één Geldstelsel en één Godsdiens hê!

Die twee grootste oorsake vir die Britse kieser om hakke in die grond te slaan, was die bedrae geld wat aan die Europese Unie betaal moes word terwyl die man op straat in Engeland self swaarkry en tweedens die vrees vir gebrekkige grensbeheer wat alreeds ’n Moslemburgemeester, Sadiq Khan in London tot gevolg het.

Die gevolge van rasvermenging was en is nog altyd ontwrigtend en ontwikkel altyd, na mate die een ras die ander getalsgewys oorheers, in konfrontasie, konflik en uiteindelik vernietiging van sedes en waardes en selfs lewe. In die geval van Khan is daar alreeds in Engeland bewys hiervan:  “Conservative Party candidate Zac Goldsmith accused Khan of giving “platform, oxygen and cover” to Islamic extremists. He also accused Khan of “hiding behind Britain’s Muslims” by branding as “Islamophobes” those who shed light on his past.

The questions are genuine, they are serious. They are about his willingness to share platforms with people who want to ‘drown every Israeli Jew in the sea.’ It’s about his having employed someone who believed the Lee Rigby murder was fabricated. It’s about his career before being an MP, coaching people in how to sue the police.” — Conservative Party candidate Zac Goldsmith.

In 2008, Khan gave a speech at the Global Peace and Unity Conference, an event organized by the Islam Channel, which has been censored repeatedly by British media regulators for extremism. Members of the audience were filmed flying the black flag of jihad while Khan was speaking.

By ons is dit die uitsprake van verskeie swartes soos: Afrikaners is niegeregtig op enige grond nie omdat ons dit van hulle gesteel het. Hanekom wat sê dat rassisme, soos die van die man wat weier om swartes en regeringsamptenare in sy gastehuis te ontvang, met wortel en tak uitgeroei moet word. Die regter wat ’n vrou met R150,000 beboet oor ’n rassistiese uitspraak. Blankes word uit hul poste gedwing, benadeel en werksaansoeke geweier omdat hulle blank is en dít is nie rassisties nie! Omdat die vorige “benadeeldes” nou bevoordeel moet word, kan onreg geregverdig word. En ons moet alles net eenvoudig aanvaar asof dit reg is!

Daar word vir baie jare al, omslagtig verduidelik waarom die beginsel van afsonderlike ontwikkeling tussen rasse en selfs net tussen verskillende etniese en godsdienstige groepe gehandhaaf moet word. Die onlangse gebeure in Europa, met die toestroming van vlugtelinge uit hulle oorloggeteisderde lande wat in hulle duisendtalle nuwe heenkome soek, het die waarde van die Afrikanervolk se verketterde, maar beproefde en bewese suksesvolle beleid, weer onder die soeklig kom plaas.

Die “skuldlas” van apartheid wat die Amerikaners en Britte vir politieke gewin op die Afrikanervolk gelaai het en dr. H.F.Verwoerd sommer die “Vader” daarvan gedoop het, word nou deur lande soos Israel, Hongarye, Duitsland, Amerika, Engeland, Holland, in kort, feitlik die hele Europa, oorgeneem en toegepas as beskermingsmaatreël teen verdringing. God is regverdig en barmhartig en genadig en het die Afrikanervolk se ellende gesien en ons gebede gehoor!

Terwyl die res van die wêreld besig is om wakker te word en standpunt in te neem teen die onreg waaraan die liberale ontplooide akademici, politici en finansiële instellings hulle onderwerp het en steeds wil beheer, is dit nodig vir ons eie volksgenote om weereens te kyk na die redes vir en die ware bedoeling met die beleid van afsonderlike ontwikkeling.

Hoewel die pogings van Solidariteit en AfriForum op die oog af lyk asof dit in belang van die Afrikanervolk is, het dit in die lig van voorbeelde uit die geskiedenis en die huidige gebeure in Europa, géén potensiaal om te slaag nie, net so min as wat die landbou-organisasies wat aanhou toegewings maak en verset versaak, sal slaag om enige positiewe bydrae te maak in die Afrikanervolk se vryheidstryd.

IN BELANG VAN SUID AFRIKA

Met verwysing na die onlangse verklaring van die Israelse regering dat: “Ek tree nie teen hulle op weens vreemdelingehaat nie, maar uit ’n liefde vir my volk en om my geboorteland te red,”deur Eli Yishai, Israelse minister van binnelandse sake, is dit betekenisvol om weereens die ware bedoeling met die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling te bekyk en die skuldlas van rassisme vir ewig van ons nekke af te haal! Ons haal aan uit die DEBATTE VAN DIE VOLKSRAAD DEEL 101, KOL. 6513-40; PELZER, BL. 254-75, en beklemtoon gedeeltes om valse aantygings wat deesdae na willekeur rondgeslinger word sonder enige substansie daarvoor, met die waarheid te konfronteer. .

Toe dr. Verwoerd minister geword het, het hy in 'n personderhoud met buitelandse joernaliste verklaar dat, "hoe verder die reservate ontwikkel, hoe meer sal die naturelle daarop aandring om regstreeks met die Regering te onderhandel". Naturelle-hoofde het reeds meermale by hom aangedring op die afskaffing van die bestaande verteenwoordiging in die Parlement1 . Hy het hierdie bewering 'n paar dae later, op 18 September, in sy beleidsverklaring in die Volksraad herhaal en daaraan toegevoeg dat die naturelle kla dat hulle hul verteenwoordigers in die Parle¬ment slegs sien wanneer daar verkiesings was.

Verwoerd het van die kongresse van die Nasionale Party gebruik gemaak om, voordat hy die saak in die Volksraad weer sou aanroer, dit heel duidelik te stel wat sy doel was. Op 28 Oktober het hy op die Kaapse kongres in Die Strand gesê:  "Wanneer die Nasionale Party praat oor die toekoms van die nie-blanke gebiede, is een van die geliefkoosde aanvalle van die Verenigde Party dat die Nasionale Party Bantoestate wil skep ... Die Nasionale Party sê hy sal die gevolge aanvaar, mits ons die losprys van Suid-Afrika kry. Die vraag lê nie in die moontlike ontstaan van Bantoestate nie, maar wel daarin dat Suid-Afrika een Bantoestaat kan word.

Hierdie selfde gedagte het Verwoerd twee weke later, op 12 November, op die Transvaalse kongres as volg geformuleer: " 'n Mens kan jou nie 'n toekoms vir Suid-Afrika voor-stel wat nie in een van die twee rigtings ontwikkel nie: of die Bantoe sal sy regte moet hê in sy eie gebiede en die blanke volk beheer in sy gebied, of daar sal 'n deurmekaar Suid-Afrika moet wees met die heerskappy in die hande van die meerderheid, nl. die Bantoe. Daar is geen ander uitweg nie. Die keuse is nie of daar Bantoestate sal wees waar die Bantoe hul regte sal hê nie en of daar sulke state sal wees nie; die keuse is of die hele Suid-Afrika deur die Bantoe, wat die meerderheid is, geregeer sal word of nie."'

Op 27 Januarie 1959, nadat sir De Villiers Graaff die gebruiklike mosie van wantroue in die Regering aan die begin van die sitting van die Parlement gestel het,  het Verwoerd van die geleentheid gebruik gemaak om die beleid van sy teenstanders met sy eie te vergelyk. Hy het daarop gewys dat die Verenigde Party " 'n veelrassige gemeenskap aanvaar, maar daar-binne wil hy nogtans blanke leierskap 'met regverdigheid' behou". Die Verenigde Party meen dat hy die politieke mag kan behou deur sekere toegewings te doen, Verwoerd het verklaar dat die Verenigde Party so 'n beleid nie sou kon handhaaf nie. Die Verenigde Party "moet die tekens van die tyd lees. Dit is 'n vorm van vennootskapregering . . . Miskien sal die vennote minder mag hê as op die oomblik in Kenia, selfs minder as op die oomblik in die Federasie van Midde-Afrika, maar perti¬nent tog word die Unie daarmee op die pad geplaas van vennootskap . .. Maar die Bantoe van Afrika wil dit nie hê nie". Die Bantoe elders in Afrika eis dat al die politieke mag in hul hande geplaas moet word. "Dit is die onvermydelike en onverbiddelike end van daardie rigting , . . So sien die Nasionale Party dit met al sy gevare." (Vergelyk nou daardie helder politieke insig met wat ons vandag in Suid Afrika ervaar)

Verwoerd het daarop daartoe oorgegaan om die beleid van die Nasionale Party te stel. Hy het as uitgangspunt die politieke omstandig-hede in die buiteland geneem. Hy het gesê dat "jy kan nie regeer sonder rekening te hou met die strominge in die wêreld en in Afrika nie ... Die beleid moet daarmee rekening hou. En jy kan daarmee rekening hou met behoud van jou blanke landsbestuur as jy in die rigting van skeiding beweeg..." Sy eie beleid het Verwoerd as volg geformuleer: "Ek sorg ook dat ek 'n pad kies waarin ek vir die blanke aan die een kant in sy gebied die volle bestuursreg alleen behou, maar waarin ek aan die Bantoe, onder my sorg as voog, die volle geleentheid gee om in hul gebiede hul voet te sit op 'n pad van ʼn ontwikkeling waarop hulle kan vorder ooreenkomstig die vermoë wat hulle het."

Verwoerd het gekom by 'n gedagte wat vir sekere mense miskien rewolusionêr geklink het, omdat hulle nie deeglik op hoogte van die groot wêreldgebeure was nie. Vir mense wat egter wel op hoogte was, het dit 'n nuwe geluid van hoop en vertroue gebring. Verwoerd het verklaar: "En as dit so mag wees, in die toekoms, dat hulle (die Bantoe) vorder tot 'n baie hoë peil, dan sal die mense van daardie toekoms rekening moet hou met hoe om die verhoudings verder te reorganiseer. Ek het al self duidelik aangedui een van die metodes wat ek dink prakties uitvoerbaar sal wees duidelik aangedui. Ek het nl. gesê dat ek as vergelyking die Britse Gemenebes van Nasies neem waar die verskillende bestanddele nie in die moeder-parlement verteenwoordig is nie, maar binne watter organisasie daar tog verbande is - ekonomies en andersins — waardeur daar samewerking kan wees sonder dat daar ooit 'n gemengde parlement of regering tot stand kom, hetsy van die land self of van 'n federasie".

Nadat hy sy beleid so verduidelik het, het Verwoerd verklaar dat daar nou tot 'n volgende stap in die beleid van die Nasionale Party oorgegaan kon word. In sekere reservate of tuislande was daar onder die Wet op Bantoe-Owerhede reeds so ver gevorder dat gebieds-owerhede ingestel kon word. Daarop moet nou 'n verdere stap volg. Dit sluit in "om 'n duideliker skeiding op politieke gebied teweeg te bring as wat vandag bestaan. Dit beteken ook die beëindiging van "die oorblyfsels van 'n soort vennootskapsbewind" wat in 1936 ingestel is. Verwoerd het daarmee bedoel die verteenwoordiging van die Bantoe in die Parle¬ment. "Ons moet in die plek daarvan stel 'n bestuurskans vir die Bantoe in hul eie ge¬biede."

Verwoerd het hierna nog 'n gedagte uitgespreek wat vir sekere mense waarskynlik te rewolusionêr geklink het. Hy het gesê: "Ons moet sorg dat die buitewêreld besef, en dat die Bantoe besef, dat hier 'n nuwe tydperk ontstaan, 'n tydperk waarin die blanke wegkom van diskriminasie teenoor die Bantoe wat sy eie gebiede betref; dat hy hom plaas op die eerste stap van volle ontwikkeling."

Aan die einde van sy toespraak het Verwoerd sy standpunt as volg saamgevat: "Dit is waarop ek al die nadruk wil lê; dat die strewe wat ons het, ... nie is om af te breek nie maar om op te bou. Ons wil opbou 'n Suid-Afrika waarin Bantoe en Blanke as goeie bure langs mekaar kan woon en nie as mense wat in gedurige getwis om die heerskappy verkeer nie).

Met hierdie toespraak het Verwoerd die Bantoevraagstuk 'n nuwe fase binnegelei. Was dit sedert die dae van genl. Hertzog die beleid van die Nasionale Party dat sekere gebiede vir die bewoning van die Bantoe opsygesit moes word en dat daar aan hulle slegs 'n beperkte mate van selfbestuur verleen sou word, Verwoerd het met die oog op die veranderde omstandighede in Suid-Afrika self en in die wêreld daarbuite, tot die besef gekom dat dit alles nie meer voldoende was nie; daar moes tot 'n verdere stap oorgegaan word. Dit was om in die gebiede wat die Bantoe bewoon het, hom die reg te verleen om tot voile onafhanklikheid te ontwikkel.

Verwoerd sou in die strewe na die ontwik¬keling van 'n eie nasionale identiteit vir die Bantoe steeds 'n strenge skeiding maak. Hy was nie van plan om ooit toe te gee aan die druk van ontstamde Bantoeleiers wat onder die invloed van 'n ideologie soos die liberalis¬me of die Kommunisme verkeer het, wat die eie kultuur die rug toegekeer het, wat hom naas die blanke wou stel en wat nie teruggedeins het om van opruiing en geweld gebruik te maak nie. Dit het Verwoerd steeds verwerp as 'n valse uiting van die Bantoenasionalisme.

Hoe kon die Bantoenasionalisme ooit met die liberalisme of die Kommunisme verenig word.  Die suiwer vorm van die Bantoenasionalisme het Verwoerd gesien in die strewe na die aspirasies wat ten doel het om voort te bou op wat reeds op die gebied van 'n eie kultuur bereik  was  en  wat daarom geen klakkelose oorname van die vreemde was nie. Vir Verwoerd wat die nasionalisme by die Afri¬kaner vereenselwig het met 'n gees van toe-wyding en die lewering van diens aan die eie volk, was dit derhalwe vanselfsprekend dat die nasionalisme by die Bantoe ook aan hierdie vereistes moet voldoen, indien dit vir die volk van enige betekenis of waarde moet wees. Die ware Bantoenasionalis sou steeds van Verwoerd simpatie en aanmoediging kry; die valse Bantoenasionalisme sou steeds van Verwoerd bestryding kry.

DIE VALSE BANTOENASIONALISME SOU STEEDS VAN VERWOERD BESTRYDING KRY.

4.   Verdere stappe na Selfbestuur

Verwoerd sou in die eerste sitting van die Parlement, nadat hy regeringshoof geword het, twee wetsontwerpe laat indien wat hy as van die eerste vereistes beskou het vir die beleid wat hy van plan was om te volg ten einde die Bantoe op die weg van verdere ontwikkeling aan te help.

Die eerste van hierdie stappe was die afskaffing van die verteenwoordiging van die Bantoe in die Parlement en ter bevordering van verdere selfbestuur in hul eie gebiede. Op 18 Mei 1959 het die Minister van Bantoe-administrasie en -Ontwikkeling, mnr. M. D. C. de W. Nel, die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad voorgestel. Hy het o.m. gesê; "Die grootste vraag wat Suid-Afrika in die afgelope 300 jaar geroepe was om te beantwoord, bestaan hierin: Of ons volkswording... moes afstuur op 'n veelrassige eenheidsgemeenskap, of dit moes afstuur op die ontwikkeling van aparte volksgroepe."

Mnr. Nel het verklaar Suid-Afrika "het ondubbelsinnig gekies en hy het die beleid van integrasie verwerp en die beleid van apartheid en eiesoortige ontwikkeling aanvaar". Die wetsontwerp beoog om hierdie proses voort te sit, omdat die Bantoevolke bestuur behoort te word volgens hul eie instellings. "Hierdie  stelsel skep uitingsmoontlikhede vir die begaafde en ontwikkelde Bantoe binne sy eie gemeenskap. Hy het nie nodig om te vlug van sy eie volksgemeenskap in die blanke gebied in nie." Die magte van die gebiedsowerhede, soos in die wet van 1951 omskryf is, sou belangrik uitgebrei word. Die Bantoe sou o.m. in sy gebiede sy eie howe kry).

Die, wetsontwerp is deur die Verenigde Party teengestaan omdat dit o.m. Suid-Afrika sou verdeel in swart state en 'n veelrassige staat2). 'n Driedaagse debat is daarop gevoer waaraan ook 'n paar lede van die Kabinet deelgeneem het.

Op 20 Mei het Verwoerd tot die bespreking toegetree met 'n toespraak wat meer as 'n uur geduur het. As sodanig was dit een van die grootste en vernaamste redevoerings wat Verwoerd oor die rassevraagstuk gehou het. Dit het bestaan aan die een kant uit 'n verduideliking van die eie beginselstandpunt en aan die ander kant 'n ontleding van die standpunt van die Verenigde Party in sy logiese konsekwensies.

'n Eerste beginsel wat Verwoerd gestel het, was dat met die wetsontwerp beoog word om voort te bou op wat die Bantoe reeds self aan bestuurstelsels geskep het. Hy het gesê: "Net soos die blanke beskawingsontwikkeling begin het by relatief eenvoudige bestuurstelsels, maar tog ontwikkel het tot die hoogste peile wat ons vandag het, sal hulle stelsel ook, maar met vergrote spoed, uitgaan van ... wat die Bantoe ken en daarvandaan ontwikkel word na wat dit kan word in die lig van sy ervaring van die progressiewe moderne blanke maatskappy waarin hy reeds lering verkry het en nog meer sal verkry."

Net soos in die jare toe hy nog Minister van Naturellesake was, het Verwoerd andermaal daarop gewys dat in hul eie gebiede daar vir die Bantoe geleenthede geskep word om net so hoog te klim as waartoe elke individu in staat was. "Honderde en honderde jong geleerde Bantoe het posisies van verantwoordelikheid en aansien gekry, wat hulle voorheen nooit geken het nie, in diens van hul nasie."

'n Tweede beginsel wat Verwoerd beklem-toon het, is dat daar geen perke rus op die strewe van die Bantoe om hul gebiede tot onafhanklike state te ontwikkel nie. Na aanleiding van 'n vraag van die leier van die opposisie het Verwoerd verklaar dat, "as dit binne die vermoë van die Bantoe is en as die gebiede wat... reeds sy eie ... is, kan ont¬wikkel tot volle selfstandigheid, dan sal dit so ontwikkel. Nog hy nog ek sal dit kan keer... en geeneen van ons opvolgers sal dit kan keer nie ..."

Moet Suid-Afrika tussen blank en nie-blank verdeel word of moet dit as 'n politieke eenheid gehandhaaf bly? Verwoerd het geen illusies gehad oor wat die gevolg sou wees, indien laasgenoemde die beleid moes word nie. Hy het verklaar: "Hier is niks anders moontlik nie as 'n gemeenskaplike Suid-Afrika, 'n veel-rassige land, hoewel die Bantoe die blanke drie en vier maal sal bly oortref in getalle. Dan se ek weer: Dan kies ek met ope gemoed en in die beste belang van die blanke ... 'n versekerde blanke staat... , wat ook al van die ander gebiede word, liewer as om my volk te laat opneem in een gemengde staat waaroor die Bantoe uiteindelik heerskappy moet voer. Een Bantoestan van die hele Suid-Afrika is die onvermydelike gevolg van die Verenigde Party se beleid." Verwoerd het sy formulering van hierdie aspek van die saak afgesluit met te verklaar dat die Verenigde Party " 'n bloedlose verowering aanvaar van die blanke gebied deur die Bantoe wat die blanke net as werker wou aanvaar het en as iemand wat vennoot en later oorheerser van sy land sou word ... As daar enige nasie ... is wat bereid sou wees om op hierdie wyse sy land van hom te laat roof..., dan sê ek ons aan hierdie kant is nie bereid om saam met die Verenigde Party die hendsoppers te wees wat hul land afstaan aan 'n bloedlose verowering nie".

Verwoerd het. beslis nie gehuiwer om beginsels te verkondig wat vir meer as een waarskynlik moeilik sou gewees het om te aanvaar nie. Daarmee het hy weer sy eerlikheid geopenbaar en so ook bewys dat dit in die politiek by hom nie om goedkoop populariteit gegaan het nie. Aan hierdie tweede beginsel van onafhanklike Bantoestate het hy nog die opmerking geknoop dat "ek liewer op die ou end sit met 'n kleiner staat in Suid-Afrika wat blank is... en wat sal staan as 'n bolwerk vir die blanke beskawing ..., m.a.w., liewer 'n blanke nasie hier wat kan veg vir sy voortbestaan as met 'n groter staat wat al klaar weggegee is aan Bantoe-oorheersing".

Die toespraak is met die volgende samevatting afgesluit: "Die Nasionale Party se standpunt is die van te strewe na 'n permanente blanke Suid-Afrika, watter gevaar dit ook mag bedreig, met gereedheid tot die ontwikkeling van gebiede waarin die Bantoebeheer kan toeneem onder die blanke as voog en met die verstandhouding dat, selfs al sou dit lei tot Bantoeselfstandigheid, dit deur staatsmanswysheid beoog word om te sorg dat daardie ontwikkeling in so 'n gees en op so 'n wyse sal plaasvind dat vriendskap moontlik sal bly, hoewel sonder dat die blanke ooit onder enige vorm van Bantoe beheer sal verkeer, hetsy in federale ... of in uniale vorm. Dit is die keuse.)"

Wet Nr. 46 van 1959 wat ten doel het "om voorsiening te maak vir die geleidelike ont¬wikkeling van selfbesturende Bantoevolkseenhede en vir regstreekse oorlegpleging" tussen hulle en die Regering, erken die etniese verskeidenheid van die Bantoe en verdeel hulle daarom dan ook in agt volksgroepe. As skakel tussen hulle en die sentrale regering tree 'n vyftal kommissarisse-generaal op. Met die in-stelling van die amp van kommissaris-generaal is inderdaad iets nuuts geskep want nie alleen woon hy in die gebied van die volk wat hy verteenwoordig, sodat hy die Bantoe met raad en advies kan help nie, maar hy staan ook in direkte verbinding met die Regering om laasgenoemde te verteenwoordig.

(AVP beklemtoning)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie