1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4448214

Besoekers aanlyn

Ons het 83 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

KLEIN, MAAR SOMS VOL VENYN

BybelJak. 3:1-12

“Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge – kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand.” (:5).

Hierdie woorde uit Jakobus is ‘n skerp aanklag teen byna elke mens. In die tweede vers word reeds melding gemaak van die feit dat ons almal sommer dikwels struikel. Behalwe vir hierdie feit is die woorde van vers 6 iets wat enige persoon wat met sy geestelike lewe erns maak, diep sal raak. My onvermoë aan beheersing van my tong word vergelyk met ongeregtigheid uit die hel afkomstig!

Dit is allermins lekker om te hoor, maar elkeen van ons wat al kennis gemaak het met die kwetsende houe van die tong sal nie vinnig hierdie stelling bevraagteken nie.

 

Hoeveel mense is daar nie wat vandag in die kerk sit en God loof gedurende die erediens net om môre weer hul naaste met dieselfde tong te belaster en/of te beskinder nie? Besef ons die omvang van ons verkeerdheid om onsself die reg aan te matig om God se skepping te skend met ons woorde? Dit is waarvan ons aangekla word in verse 9&10 van die gelese gedeelte wanneer ons nie weet om ons woorde te weeg nie.

Indien u hierdie aanklag in ‘n ernstige lig beskou, sal dit seker vir u voel dat u nooit weer ‘n lelike woord wil uiter of ‘n skewe woord teen iemand wil gebruik nie. U sou selfs dink dat u dit nie eers weer sal waag om ‘n ander persoon tereg te wys nie. Dit is egter nie wat die Woord vir ons leer in hierdie gedeelte nie. Die Woord leer vir ons om versigtig te wees om ‘n ander se karakter te vernietig en af te kraak. Ons moet weet om die nodige respek aan ander mense te betoon as skepsele van God. Ons word egter steeds regdeur die Skrif aangemoedig om met goedgeweegde woorde mekaar in liefde te vermaan en te berispe sonder om kwetsend en venynig te wees. “Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.” (Efés. 4:29). “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel,…” (Kol. 4:6).

Die spreekwoord wat lui – “Die pen is magtiger as die swaard”, het nie sonder rede ontstaan nie. Daar is min volke met die gevolge so na aan hul lyf en so fris in hul geheue van hoedat die media(woorde) ‘n samelewing onderstebo kon keer as ons eie volkie. Dit was met woorde, eerder as fisiese geweld, dat ‘n eens Godvresende volk deur die media uitmekaar geruk is en sy boublokke van gesonde huwelike, gesinne, kerk- en onderwysstrukture en dies meer stukkend geslaan is.

Dit is ongetwyfeld nodig dat ons beter sal besin oor die krag wat in ons woorde lê. Ons moet onsself dalk daarop begin toespits om op te hou om mekaar af te kraak en te belaster, want hierdeur brand ons dalk net die goeie werk van ‘n ander persoon weer tot op die grond af. Ons kan hierdie belastering vir ons vyand los wat geen geleentheid sal laat verbygaan om hiervan gebruik te maak nie. Ons moet durf nie sy werk vir hom doen en mekaar met ons woorde vernietig nie. Ons moet egter nie versuim om ons naaste in liefde te vermaan om hul sodoende van hul verkeerde weë bekeer nie. “Die lippe van die regverdige help baie mense reg;…” (Spr. 10:21)

Wanneer ons die krag van ons woorde in die regte rigting kanaliseer, kan ons dalk weer sien hoedat ‘n verpletterde volk begin herleef? ‘n Fluistering wat die liefde van sy hemelse Vader aan hom verkondig, die liefdevolle berisping van ‘n broeder wat werklik omgee en sy naaste nie op dwaalweë wil sien struikel nie. Daardie opbouende bemoediging van iemand wat self platgeslaan was deur die omstandighede in ‘n godlose samelewing en die troosvolle woorde dat ons God se ingryping en redding dalk baie laat kom, maar nooit TE laat nie, is alles woorde met krag waarvan ons die werklike omvang miskien nie reg kan begryp nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie