1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4314237

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WEES DANKBAAR VIR JOU AFGEMETE ERFDEEL

BybelSpreuke 30:1-33

“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;” (:7&8)

In die eerste vier verse van die gelese gedeelte kry ons te doen met ‘n man wat hartstogtelik na God soek. Ons kan sien dat hierdie spreukedigter waarlik met diep denke en vrae na die Aangesig van God gesoek het. Hoe wonderlik om te sien dat God Hom ook nie verborge hou na die wat in waarheid en opregtheid na Hom vra nie. Die spreukedigter leer God van nader ken. Ja, hy leer soveel van God in sy soeke na Hom dat Hy selfs die ontdekking maak na die Drie-Eenheid van God en verwys na die Seun van God selfs honderde jare voordat Jesus as mens aan die wêreld geopenbaar is. “…En hoe is die Naam van sy Seun – as jy dit weet?”

Die spreukedigter maak die verdere ontdekking dat God se woorde nie maar losstaande reëls en regulasies is nie, maar dat elke woord van God gelouter is en dat dit suiwer is. Hierdie kennis van God lei daartoe dat die spreukedigter in vers 7-9 die vrymoedigheid het om iets van God te vra. Wat meer is, is dat die spreukedigter dinge vra wat hom meer welgevallig voor God sal maak. Hy soek derhalwe daarna om God te behaag en vra om vry te wees van valsheid en leuens omdat hy weet dat God ‘n afsku hiervan het. Hy vra ook dat God aan hom sy bestemde erfdeel sal gee en ons leer in hierdie gedeelte verder dat die spreukedigter besef dat dit welgevallig is voor God om vergenoegd te wees met jou afgemete erfdeel.

Dit is nie alleen die spreukedigter wat vir ons leer dat vergenoegdheid ‘n baie mooi eienskap is nie. Ons leer in Jakobus 4 dat hartstogtelike begeertes die oorsaak van menige ellendes in die lewe is. “WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” (Jak. 4:1-3).

Dink maar hoeveel ellende veroorsaak mense wat nie tevrede is met hul afgemete erfdeel nie en dan hul hande uitstrek na die afgemete deel van ‘n ander. Hoeveel mense is daar wat na ‘n paar jaar van ‘n gelukkige huwelik nie meer tevrede is met hul lewensmaat nie en dan begin hunker na ‘n mooier, spontaner lewensmaat wat dalk boonop aan iemand anders behoort. Dink maar aan die talle sakemanne wat nie tevrede is met hul eie onderneming nie en met bedrieëry ander mense onderkruip ten einde hul begeerlikheid na ‘n ander se eiendom te bevredig. Dink maar aan die boer wat nie kan wag dat sy buurman ‘n misoes ly ten einde die aangrensende plaas te bekom nie. Dink hoe veragtelik hierdie dade in die oë van God moet wees om te sien hoe een mens dit wat Hy vir ‘n ander afgemeet het, weg roof! Die geskiedenis van Agab se begeerte na die wingerd van Nabot is vir ons ‘n sprekende voorbeeld.

Wanneer ons hierdie saak met groter erns beskou, besef ons waarom ‘n ondankbare mens in 2 Tim. 3:2 as bedorwe geklassifiseer word. “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, “. Ondankbaarheid is sekerlik een van die lelikste eienskappe van ‘n mens. Dit is ongelukkig ook ‘n eienskap wat geweldig aan die toeneem is in ‘n samelewing waar daar soveel kitsoplossings vir dinge bestaan.

Die ware kind van God is egter nie veronderstel om deur die wêreld bederf te raak nie. Ons is inteendeel veronderstel om die sout van die aarde te wees waarmee die bedorwe wêreld beter gemaak word. Ek is veronderstel om in die oggend my oë oop te maak en dankbaar te wees teenoor God Drie-Enig wat vanoggend weereens vir my die GESKENK van nuwe lewe, van ‘n nuwe dag, op my eie afgemete erfdeel verleen.

In plaas daarvan dat ek myself met ‘n ondankbare geswoeg uit die bed trek en myself met murmerering na die werk sleep, is ek veronderstel om dankbaar te wees vir die deel wat God vir my as mens afgemeet het. Die tyd wat ek daaraan spandeer om my kinders te vergelyk met ander wat nie so ongehoorsaam en hardkoppig as my kinders is nie, my vrou te vergelyk met ‘n ander of my huis en motor as minderwaardig teenoor my naaste s’n te beskou, kan ek God in my hart dank vir hierdie onverdiende gawes wat Hy vir my afgemeet het.

Ons is geneig om ‘n liberale lewensbeskouing te beperk tot die politieke terrein. Ek is egter van menig dat ‘n afkeer aan jou eie afgemete erfdeel, of dit jou werk, jou huwelik, jou huis, of wat ook al is, niks anders as ‘n liberale besmetting van jou gedagtes is nie.

Dit sou naïef wees om te verkondig dat die mileu waarin ons leef maneskyn en rose vir die behoudende Christelike persoon is. Dit sou terselfdertyd ‘n sonde van ondankbaarheid wees om die goeie waarmee ons hemelse Vader ons selfs in hierdie moeilike lewensomstandighede seën, mis te kyk.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie