1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4383894

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAS DIE REGTER REGTIG VERKEERD?

UJ Auditorium afgebrandNa 25 skole in brandstigting in puin gelê is en nog 100 miljoen rand se skade deur die brand in die auditorium van ’n universiteit aangerig is, kan ’n mens dan werklik nog sê dat die regter verkeerd was?

As dit deel van jou samestelling is om enigiets en enigiemand skade te berokken, selfs jouself skade aan te doen wanneer jy van mening is dat jy verontreg word, kan ’n mens dan nog sê dat regter Mabel Jansen verkeerd was in haar uitlating met betrekking tot swart mans?

’n Mens kan wel vra wat vernietiging van eiendom te make het met verkragting. Vraag is egter wat is die verskil tussen die vernietiging van die een teenoor die vernietiging van die ander? Feit is dat dit telkens optrede is teen iets of iemand wat absoluut niks te make gehad het met die veronderstelde verontregting nie wat dan vernietig moet word!

Is dit nie billik en dood natuurlik om die afleiding te maak dat daar ’n haatkultuur by die swart ras bestaan teen die waarheid nie? Swakker prestasie as die blanke, ander voorkoms as die blanke,’n ander moraliteit as die blanke, alles waar maar alles ’n rede vir optrede in vernietiging om dit uit die weg te ruim wat bewys is van ’n andersheid sodat almal op futiele wyse gelyk gemaak kan word?

Op die keper gesien, waarom sou ’n nugter mens met sulkes wil saamleef? Waarom sou ’n nugter mens hoegenaamd saam met sulke mense in een parlement of besigheid, of kerk, of huis, of sport of enige ander bedinkbare gesamentlike oefening ingebind wil wees?

As selfs die holis Jan Smuts dit al in die praktyk waargeneem het in 1917 toe hy by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, het genl. Smuts ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different.

Of dit nou ’n lewe is wat jy deur verkragting vernietig, oud of jonk, ’n skool of ’n auditorium afbrand, ’n instelling daargestel om jou te kan ophef, skoolboeke, ’n munisipale kantoor of ’n teerpad met brandende bande, alles saam ’n wesentlike rede, nee ..... ’n noodsaaklikheid vir afsonderlike ontwikkeling, met die klem op ontwikkeling!

Die erkenning wat ontbreek by beide swart mense en liberale blankes, dat daar botsende kultuur en ander verskille tussen blank en swart bestaan wat in ’n rasgemengde samelewing, nog nêrens in die wêreld gewerk het nie! Dit moet onvermydelik tot konflik lei en altyd die een of die ander ras benadeel.

Vreedsame naasbestaan tussen rasse waar elkeen oor homself regeer binne sy eie grondgebied, volgens sy eie aard en behoefte, is die enigste werkbare oplossing! Ontwikkeling vind plaas teen die tempo volgens die vermoë van elke ras en maak onderlinge en wedersydse handelsooreenkomste moontlik ten bate van elke ras afsonderlik.

Om die rassekaart op regter Mabel Jansen te trek wat bloot op grond van haar ervaring haar waardevolle waarneming gedeel het, is kortsigtig in teenstelling met die opvoedkundige waarde wat dit veronderstel was om oor te dra en tekenend van die negatiewe effek van ’n rasgemengde samelewing.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie