Afrikaner

WANHOPIGE STROOIHALMS

StrooihalmDie skrifgeleerdes en Fariseërs, in noue samewerking met die oorgeërs, saampraters en joiners, is besig om wat hulle as ‘n “pakt” beskou, begrippe soos versoening en selfbeskikking te versondig en te verketter sodat dit haas onherkenbaar voorkom.

In hulle pogings om Umkontoe-veterane en oud weermaglede van die Bosoorlog in Soweto saam te bondel vir versoening, terwyl die blankes toenemend beroof, vermoor, vermink en verkrag word, word die swart taxi bedryf genader om patrolliewerk te doen om die Boere teen plaasaanvalle te beskerm! Vindingryk ne?

’n Beter plan vir wettige observasie, betreding, vervoer van moordenaars na en van aanvalstonele is sekerlik nie te bedink nie! Indien die haatuitsprake van tientalle swartes met die strekking van uitwissing, onteiening sonder vergoeding, toename in SEB en dus groter werkloosheid onder blankes, alles besig is om momentum te kry, moet die vrees onder hierdie verloopte Afrikaners seker baie hoog wees.

As jy na sulke veragtelike niksbeduidende strooihalms begin gryp wat meer nadele vir ons volk inhou as voordele, is dit ’n duidelike teken van geen begrip en/of kennis van die Afrikaner se geskiedenis nie. ‘n Werklike laagtepunt in ons volk se geloofslewe.

Terwyl hierdie pogings tot “welwillende” uitreiking plaasvind en met niks anders as toenemende geweld enafkeur begroet word, is die blanke handhawing van wet en orde van voor 1994 wat nou nie meer bestaan nie, besig om die inherente onverdraagsaamheid onder die verskillende swart volke selfs na eeue se beheer, weer te laat terugval soos wat in Afrika ons aanskouingsles was.

Die huidige vlaag van vernietiging van skole en brandstigting is niks anders as etniese onverdraagsaamheid, wat die geweld wat ons voorspel het onder die swartes sal uitbreek, nou sigbaar, selfs in die parlement na die oppervlak laat opborrel. Daar is geen manier waar ’n een-mens-een-stemstelsel dit gaan verhoed of kan beheer nie.

Keer terug na jou God, keer terug na jou volk, was die wekroep uit ons verlede. Laat staan die strooihalms, daarin is geen heil nie, nog minder enige versoening!