1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4627131

Besoekers aanlyn

Ons het 82 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

DIT IS AL WEER STEMTYD

stemtydLet wel, ek sê dit is stemtyd en nie verkiesingstyd nie. Die komende verkiesing het ons reeds verloor. U gaan weereens uitgeleweer wees aan die tirannie van ’n swart meerderheid. Intellektuele weerstandiges noem dit mos ’n demokrasie. In Suid Afrika is dié soort “demokrasie” bloot ’n kamera geleentheid.

Onthou u nog die leuens van wigte en teëwigte ... vryheid, vrede en voorspoed? Eie skole, eie woonbuurtes en eie hospitale was ook ’n heilige belofte. Danksy Judas de Klerk en genote was die eindbestemming van sy stemmery ’n stem in die woestyn, ’n stem in die wind!

Sy belofte dat ’n referendum sou plaasvind na die onderhandelde ooreenkoms met die ANC, is ook verbreek. Die oplossing wat nou aangebied word om uit die verknorsing te kom is om vir die D.A. te stem! Die storie loop dat al stem jy nie met die D.A. saam nie, stem dan vir hulle uit protes. Wat nie begryp word nie en veral in al elf tale verswyg word, is dat die DA beleid ’n afdruk is van dié van die ANC! Die uitkoms daarvan is swart oorheersing!

As Christengelowige kyk ’n mens ewe ver vorentoe as agtertoe. Jy weet dus waarvandaan jy kom en waarheen jy op pad is. Dít maak van jou ’n beginselmens. Jy word nie net gedefinieer op grond van waarteen jy is nie, maar ook dit waarin jy glo. Die mens het ’n identiteit en dit is Godgegewe.

’n Reënboognasie is ’n onwerklikheid. As jy oë het wat nog kan sien, sal jy wéét dat die mensheid ’n verskeidenheid is. Om te praat van ’n nie-rassige gemeenskap is net so sinneloos as om te praat van ’n nie-menslike mensheid. Die Skepper het self grense getrek en as dít as rassisme beskou word, is jy nie net ongelowig nie maar is dit ook jou eie verwaande beskuldiging teen God.

Die vernietiging van ’n volk is gewoonlik ook deels ’n proses van selfvernietiging, daarom moet ons ’n slag ook hand in eie boesem steek. Afrikaner wees is iets absoluut, beide liggaamlik en geestelik. Afrikaanses is bloot taalverwant en Suid Afrikaners is streekverwant. Dit is nie bepalend van die menslike identiteit nie. Jou identiteit en etiek kan nie deur ’n verkiesing verander of reggestel word nie. Jou deelname al dan nie onder ’n bepaalde vaandel is egter aanduidend van of jou minagting of jou handhawing van die waardes wat eie is aan die identiteit waarmee jy geseën is.

Die kernvraag is, hoe herstel ons Suid Afrika tot die normaliteit waarmee ons groot geword het? Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eerstens ’n beginsel stel. Ons hele lewe en strewe moet gefokus word op die soewereiniteit van die Afrikaner soos dit gehandhaaf was in ons geskiedenis. Hoe tragies is dit dat juis die DA en hulle voorgangers nog deurentyd opgetree het as die agente van chaos en nou word van ons verwag om vir hulle te stem! Hoe slinks is die magte van die duisternis nie! Tog vang hy goedgelowige Afrikaners wat hulle deelname selfs nog probeer verdedig deur die onsinnige argument van as jy nie stem nie, is dit ’n stem vir die ANC!

Stem tog hierdie keer reg! Bly daar weg as ’n heggebinde beginselvolk! Een van siel en een van sin, wat uit innerlike oortuiging, kragtig en doelgerig bymekaar tuis hoort!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie