1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4593127

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

MOORD OP DR VERWOERD WREEK HOM OP "NUWE SA"

Moord op dr. VerwoerdOnderstaande kommentaar deur die VVO wat reeds sovér terug as 26 Maart 1997 uitgereik is, is vandag, na aanleiding van die sirkus wat daar gister binne en buite die parlement plaasgevind het, nog net só toepaslik! Al wat verander het is die opskrif wat inderwaarheid vandag só moet lees: MOORD OP DR VERWOERD BINNE DIE PARLEMENT, WREEK HOM BINNE EN BUITE DIE PARLEMENT, OP DIE ANC EN DIE NUWE SA!

VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO)

26 Maart 1997

MEDIAVRYSTELLING: MOORD OP DR VERWOERD WREEK HOM OP "NUWE SA"

As mens na die politieke opset in SA terugkyk oor die afgelope dekade of selfs langer, dan is dit duidelik dat daar slegs een woord vir die be-oordeling daarvan gebruik kan word nl "KORRUPSIE". Veral die gebeure rondom die sg Waarheidskommissie onderstreep hierdie gevolgtrekking. Inligting wat vanuit hierdie Kommissie na vore kom is soos 'n sweer wat oopgesteek word en borrel van moord, misdaad, vennyn, bedrog, diefstal, na-ywer, ens. Dit is afskuwelik en grusaam en onderstreep slegs een oogmerk wat alle hoofrolspelers aan die "ware demokrasie" in die die "nuwe SA" in oog gehad het nl, nl die verkryging van MAG ter bereiking van eie persoonlike, politieke en finansiële voordeel. En in die sg Christelike SA swyg die Christendom en die Kerke oor hierdie vergrype en hoor jy weinig 'n woord van veroordeling daaroor terwyl hulle monde altyd vol was van die sg misdade van apartheid.

Miskien is dit goed dat hierdie inligting na vore moet kom want dit bevestig die vermoede by alle regdenkendes al die jare dat daar magte agter die skerms betrokke was of moes gewees het om sake so te laat verloop. Die hele politieke toneel ontvou nou soos 'n prentjie: Eers moes hulle van Dr Verwoerd, wat in die pad van hierdie magte gestaan het en wat wou vóórkom het dat hierdie eens geliefde land van ons in chaos gedompel word, ontslae raak. Daarna volg die een skandaal na die ander en laat alles waarvan jy van dag tot dag verneem, jou eintlik gril! As mens hierdie magspel ontleed dan is dit nogal opvallend hoe dit daarop gerig was om van die witman, maar veral van die Afrikaner 'n "useful idiot" te maak. Die aanvanklike dreigement van die "totale aanslag" wat sou kom, moes deur die "useful idiot" F W de Klerk en sy NP op die witman voltrek word. Nou dat daar van alles 'n gemors gemaak is, is dit apartheid se skuld. Maar die apartheid waarna deur hulle verwys word, het húlleself na apartHATE verander, iets totaal anders as wat dr Verwoerd daarmee bedoel het. Die ANC/SAKP-, NP-en DP-alliansie moet nou maar die gevolge van hulle sotlike dade dra, net jammer dat almal daardeur geraak word!

Gesien dat dit nou al hoe duideliker word dat die vyande van die Afrikaner dr Verwoerd eers uit die weg moes ruim ten einde dit te bereik wat vandag in die "nuwe SA" aan die gang is, wonder mens of hierdie sg Waarheidskommissie ook daarop sal ingaan wie of welke magte agter die moord op dr Verwoerd gesit het. (Daar was immers reeds geluide van ANC/SAKP-kant dat die moorddossier op die kommunis Chris Hani heropen word aangesien NI-betrokkenheid vermoed word). As dr Verwoerd nie vermoor was nie en toegelaat was om sy beleid van afsonderlike ontwikkeling of selfbeskikking vir volke tot sy volle ont

plooing te laat kom, sou ons nie vandag in die situasie van 'n Pot-pourri SA gesit het waar almal om die MAG wil gryp en bereid is om daarvoor te moor, te verkrag, bedrog te pleeg, te steel ens., nie!

So gesien, kan mens nie anders nie as om tot die gevolgtrekking te geraak dat die moord op Dr Verwoerd, waarvoor die ANC en sy Kommunistiese meelopers agter die skerms verantwoordelik was, hom op die "nuweSA" wreek!

(Get) Gert Kruger

VOORSITTER

26/3/1997

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie