Afrikaner

ZUMA SE STAATSREDE

MEDIAVERKLARING

AVP Wapen TransAs dit vantevore nog nie vir die plaaslike en internasionale “reënboognasiedrywers” duidelik is dat die geslaagde druk op die de Klerkregering om mag met die swartes te deel in ’n kastige Regering van Nasionale Eenheid, in ’n voorspelde klaaglike mislukking ontaard het nie, behoort dit nou duidelik te wees.

Zuma se begroting was nog altyd, en sal voortdurend wees om die laaste blanke bastion uit Afrika te verdryf. Dit het tyd geword dat die Afrikanervolk onomwonde vir die wêreld sê dat hulle nou genoeg tyd gehad het om te probeer bewys dat hulle “opgeleide” Oxford en Cambridge swart lakeie nie opgewasse is om die stuur by die Afrikanervolk oor te neem nie!

Hulle pogings kan in die swakste terme beskryf word as ’n vet gemors en in die beste terme as ’n waansinnige en roekelose gedobbel met menselewens en beskaafde en geordende waardes en norme soos wat onder Afrikanerbewind aan die orde was!

Beide Johannesburg en Pretoria het reeds onder die “mees moderne grondwet in die wêreld” “stat” status bereik en volgens alle aanduidings is Kaapstad op pad daarheen. Van plattelandse stede en dorpe praat ons nie eens nie want hulle is feitlik deur die bank bankrot en vervalle rommelhope met weinig uitsonderings.

Die beste wat Zuma kan doen en wat hom in die oë van die ganse beskaafde wêreld as die mees bekwame Swart leier wat Afrika ooit opgelewer het sal ophef, is om te erken dat hulle nie opgewasse is nie en Suid Afrika vreedsaam terug te oorhandig aan sy regmatige eienaars, die Afrikanervolk. Dít sou in belang wees nie net van die Afrikanervolk nie maar ook in belang van Afrika en elke swart volk wat hier betrokke is. Ook die res van die Westerse wêreld sal daarby baat wanneer Suid Afrika se minerale bronne op verantwoordelike wyse ontgin, bestuur en beheer word.

 

Dit is om die minste te sê waansinnig om te probeer om hierdie "reënboognasie" te help om te slaag. Dit is die spreekwoordelike pêrels voor die sweine in 'n lank en uitgerekte, onvermydelike ondergang met die gepaardgaande vernietiging van identiteit.

Die inmeng van die Imperiale moondhede in die binnelandse aangeleenthede van volkere en nasies, lê grootliks aan die wortel van die onstuimigheid wêreldwyd en behoort onmiddellik gestaak te word.