1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4533699

Besoekers aanlyn

Ons het 21 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

EK WIL NIE ’N SELFBESKIKTE AFRIKANER WEES

Martie Retief Meiring Elita GeordiadesJa, seker, dis wat gemeenskappe ook moet doen: regmaak wat verkeerd was, sin maak van ons lewe met en onder mekaar.

So sluit Martie Retief Meiring haar versugting af in ‘n paar opmerkings wat sy te maak gehad het op 7 Mei 2015. My belangstelling is geprikkel toe iemand die boek wat sy geskryf het oor F.W.de Klerk se Griek vir my gegee het om te lees.

Die trant van die boek het my onwillekeurig karakters soos Antjie Krog, Piet Croukamp en Koos Kombuis voor die gees geroep wat by nadere ondersoek geblyk het baie na verwant te wees.

Dat háár wêreld se mense diep geploeg het in die strewe na maatskaplike kohesie,( in plat Afrikaans, rasseintegrasie) is ‘n feit! Diep te ploeg suggereer op sy beurt om die wortels by te kom waarin sy en hare suksesvol geslaag het.

So is ons Afrikanerleerinstellings deur Äfrikaners soos Elof en de Villiers en diesulkes wel oopgestel , maar sin maak van ons lewe met en onder mekaar in hierdie diep omgeploegde kultuur van normale wetmatige naasbestaan tot die sigbare, voelbare en voorspelde abnormale onwettige, verwoestende “all must fall” mentaliteit, is nie moontlik onder Afrikaners in my wêreld nie.

‘n Selfbeskikte Afrikaner wil ek ook nie wees nie. Sonder enige lawwe verbuigings en dubbelsprakigheid is ek ‘n gelowige Afrikaner wat glo in die beskikking van God oor die lotgevalle van volkere en nasies in hulle verskeidenheid en geskeidenheid waarvan die hele skepping getuig. Dít was die wortels van die Afrikaner oor geslagte wat nou losgeploeg in die liberale son verdroog het waarvan, let wel, slegs ‘n klein minderheid verdwaalde en misleide liberales hou.

Die bloed van onskuldiges, regs en links van die politieke spektrum, armes en rykes, slimmes en dommes, maar almal wittes wat deur hierdie soort van “diepploeg” blootgestel is aan foltering, mishandeling en vernedering voordat hulle gesterf het, roep luid en dringend na besinning en bekering van ontkenning.

Die onreg en sondigheid wat deur al wat ‘n liberale skrywer en joernalis deesdae in outobiografieë, boeke en artikels probeer vergoeilik word, verander niks aan die onregmatigheid en sondigheid daarvan nie. Inteendeel bevestig hulle net ‘n dekadente denkpatroon waarvan Afrikaners in my wêreld dankbaar is dat hulle nie deel daarvan is nie.

Martie Retief-Meiring: Ek wil nie ’n selfbeskikte Afrikaner wees

Deur Martie Retief-Meiring   07 Mei 2015 07:42

‘‘Die Afrikaner moet sy man staan,” is wat Dirk Hermann glo eergister op die Voortrekkermonument-krisisberaad gesê het. As dit is wat hy gesê het, is die sinspeling dat die Afrikaner bedreig word. Dan sal die sinici onder ons ook kan sê: Van wanneer af word die Afrikaner nie bedreig nie? Dit blyk dat Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, wat die sogenaamde krisisberaad georganiseer het, glo dat die Afrikaner reeds vier waagstukke beleef het: die Groot Trek en die stigting van die Boererepublieke, die aandurf van die Britse Ryk (die Anglo Boereoorlog), die aanvaarding van Afrikaans as taal en dan ook die mislukte waagstuk: apartheid. Die vyfde lê voor: groter Afrikaner-selfstandigheid.

                       

Is selfstandigheid ook selfbeskikking, soos op die beraad aangehoor is? Wat beteken selfbeskikking? Hoekom kriewel hierdie woord by baie van ons Afrikaners? Is hier ’n soort apartheid wat gesuggereer word?

In my wêreld ploeg – ja, ploeg – Afrikaners diep, diep in die strewe na maatskaplike kohesie (nie ’n lekker woord nie, maar gee my ’n alternatief). Die allerlaaste woord sou selfbeskikking wees. Eenkant? Afsydig? Jou “man” staan?

Dis waar dat aparte woonbuurte ’n irriterende en verdelende deel van die groter gemeenskap is, maar ons skole wys baie duidelik dat hulle toeganklik en oop is. Terwyl politieke, en sekerlik ook dikwels geldige, probleme rondom Afrikaans as oorheersende taal aan die plaaslike universiteit opslae veroorsaak, is pas ook ’n remediëring (of dan skuldvereffening) deur die rektor van die universiteit aangekondig: ’n beursfonds vir die nakomelinge van die uitgesette inwoners van Die Vlakte, ’n gebied naby die middedorp.

Ja, seker, dis wat gemeenskappe ook moet doen: regmaak wat verkeerd was, sin maak van ons lewe met en onder mekaar.

In ’n omgewing waar die taal, Afrikaans, dikwels ’n geduldige slaanding is en selfs ’n hoogs politieke kleur gekry het, is daar nie ’n gebrek aan Afrikaners wat in talle organisasies en vriendekringe oor taal, geloofs- en rasgrense werk en floreer nie. Ons kinders trou onder mekaar, neem kinders van ander rasse aan, praat Engels en Afrikaans, gaan selfs in een huis na verskillende kerke (wat dikwels aanleiding gee tot lekker grappies, soos ek self dikwels hoor).

Verder werk ons saam, kla ons saam. Hoe kry ons meer wit mense by die 16 Junie-vierings? wil Paul van Khayamandi weet. Oukei, ons gaan saam Braak toe, maar hou die toesprake kort. Hoe vier ons fees waar elke gemeenskap kan deelneem? Ja, ons behaal sukses met ’n gesamentlike viering rondom Erfenisdag. Ons hou straatlope, ons hou saam konsert. Ons praat selfs al ’n bietjie Xhosa tussenin, en dikwels slaan ons oor na pure aansteeklike Kaaps.

Dankie, maar ek wil nie ’n selfbeskikte Afrikaner word óf wees nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie