1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
4352202

Besoekers aanlyn

Ons het 105 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

'N NEGATIEWE TOEKOMSVERWAGTING?

Vooruitgang in Suid AfrikaTerwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?

Dis reeds baie duidelik dat die studente onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die Blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ookal) om Totius se standbeeld op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. 'n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawe mentaliteit.

In 1983 het enkele studente aan die RAU gewaarsku dat dit nie sal eindig by 'n kwota anderskleurige studente nie, maar dat RAU van gedaante sal verander deur die toelating van Swartes. Hulle is toe uitgelag. Die wat gelag het sit seker nou in Australië. Maar hulle is destyds deur die Broederbond-rektor professor Pieter de Lange verseker dat dit wat nasionaal-gesinde studente beweer het, nooit sal gebeur nie! Waarom sal dit dan anders gesteld wees op Potchefstroom? Dit terwyl dié voorslag Kommunis, Blade Nzimande, juis die minister van onderwys is. Dis tog geklik om anders te wil dink en droom.

Ja, elke universiteit sal omvorm word tot 'n tipiese Afrika instelling waar standaarde vernietig sal word sodat elkeen 'n graad op 'n skinkbord sal ontvang. As gesien word hoe hierdie studente optree en hoe hulle lyk, is dit 'n ope vraag of die Afrikaner enigsins met sulke mense geassosieer wil word.

Elders in die land gaan dit nie enigsins beter nie. Terwyl die geldeenheid maandeliks verswak, word berig dat dit met die banke uitstekend gaan! Tog interessant né! Terwyl die gewone burgers dus maand vir maand verarm, spog banke en groot maatskappye met rekord winste. Terwyl die land afgebreek word juig die super elite oor hulle rykdomme wat meer word. Duidelik pas die sosialisme wat die ANC toepas hierdie bevoorregte groepie. En dit terwyl die gewone burger nog glo dat ons 'n kapitalistiese staat is!

Die einde is nog lank nie in sig nie. Nasionaal-gesinde Afrikaners het gewaarsku dat grootskaalse onteiening sal plaasvind onder 'n ANC-bewind. Hulle is begroet met die Rooikappie-storie dat 'n Nee-stem destyds sou beteken dat die VSA se oorlogskepe dae later aan ons kus sou wees! Foeitog. Hoe naïef was sommige nie gewees nie. Verbeel jou, die VSA val Suid-Afrika aan omdat hy nee sou stem. Die ironie is dat die einste VSA se geduld nou kennelik opraak met 'n regime wat hom uitdaag deur waansinnige beleidsrigtings. Eintlik hoef die VSA net weer sanksies toe te pas om hierdie wankelrige staat binne enkele dae op sy knieë te bring.

Maar terug by onteiening. Onteiening is 'n sine qua non in 'n sosialistiese staat. Veral in daardie state waar die regime nou van "links" deur die EFF gedwing word om aan die eise van die gepeupel te voldoen. Die ANC-regime het vir hom 'n nomenklatura daargestel wat die ANC aan bewind moes hou solank die ANC vir hierdie nomenklatura sorg. Die EFF het egter 'n knuppel in die hoenderhok geword wat die nomenklatura benoud laat rondfladder, min wetende dat alles haarfyn beplan is. Heel moontlik nie vanuit die ANC-geledere self nie, maar in alle waarskynlikheid deur die geldmagte. Die geldmagte floreer in state waar chaos heers omdat hulle in sulke omstandighede eiendomsreg (van alles) sentraliseer in die hande van 'n uitgesoekte elite. Absolute rykdom kan net plaasvind indien die hulpbronne gemonopoliseer word. Dit kan net gebeur in 'n toestand van onrus en chaos. Daarom — private eiendomsreg móét en sál sneuwel. Die super kapitalistiese staat wat nou vorm aanneem is in wese 'n sosialistiese staat. Uiteiendelik sal die verhogings wat die nomenklatura vir hulleself so gereeld ruimskoots toestaan ook niks werd wees met 'n geldeenheid wat waardeloos is nie. Grootskaale armoede is inderdaad vir meeste op die horison.

Ja, op elke front lyk dit uiters droewig. Van die Afrikaanse kerke wil ek nie eers praat nie. Die kerkleiding in hierdie kerke wil die revolusie ter wille wees, eerder as die ware evangelie verkondig. Hulle einde is in klippe gekap. Die kerk het die aanvoorwerk vir hierdie revolusie gedoen en die revolusie sal hulle ook verorber. Die DA wil ten alle koste swart ondersteuners kry en dank lede af wat dit waag om 'n positiewe opmerking oor PW Botha van alle mense te maak. Besef die DA nie dat PW die pad vir hulle oopgemaak het met sy oorgeebeleid van destyds nie? Hulle behoort hom te vereer!

Nou is die vraag: Wat van Solidariteit en Afriforum en al hulle vertakkings? Op die oog af lyk dít wat gedoen word goed vir enigeen wat die saak slegs op die korttermyn beskou. Daar word geveg vir Afrikaans, vir individue se burgerregte, ensomeer, en protes word oor baie sake aangeteken. Baie mooi. Maar daar word om die dood nie gepraat van die vryheid (selfbeskikking) van die Afrikaner in sy eie land nie. En enigeen wat durf waag om te "regs" te wees, word persona non grata. Vra maar vir Dan Roodt en Steve Hofmeyr. So terloops, ek het lank laas so 'n idiotiese opmerking gehoor soos dié uitlating dat Die Stem (ons ware volkslied) mense emosioneel skade berokken! As Die Stem egter saam met die afgodslied gesing word dan is daar kwansuis geen skade nie... Ek beleef weer die absolute teendeel. Sedert 1994 kook my bloed elke keer (met onherstelbare skade) as Afrikaners (waarvan Heyneke Meyer seker die koek vat!) hierdie afgodslied sing asof dit die laaste keer is dat hulle gaan sing. Ek verneem Meyer moet 'n nek operasie na die Wêreldbeker ondergaan...

So waar laat dit ons? By 'n negatiewe uitkyk oor alles in hierdie land? Waarskynlik. Dat daar geen oplossing is nie? Moontlik ja. En dis juis die probleem. Omstandighede word aangespreek, terwyl die oorsaak ten alle koste vermy word. Wat ons volk nodig het is 'n politieke oplossing en nie oplossings vir sosiaal-maatskaplike probleme wat verseker sal misluk in hierdie verbrokkelende staat wat juis ten doel het om die Afrikaner ten gronde te rig nie. Jy kan alleen 'n positiewe toekomsverwagting hê as jy 'n politieke oplossing bedink en bewerk wat volkome vryheid van jou volk ten doel stel.

Daarsonder moet jy nie verbaas wees as jy van dag tot dag lewe en uitkoms soek in 'n rugbyspan wat te veel betaal word en wat boonop geheel en al aan die nuwe bedeling toegewy is nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie