1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7445544

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

TIEN BOEKE OM IN DESEMBER TE LEES

“Daar is geen … fermer vriendskappe as dié tussen mense wat vir dieselfde boeke lief is nie”.
Irving Stone

Desember-maand is vir meeste mense luilekker-maand. ‘n Maand om te ontspan. Veral na ‘n jaar se harde werk. Ander weer wil die tydjie gebruik om noodsaaklike “leeswerk” in te haal. So jammer dat ons nie ‘n leesgierige volk is nie. Daarom dat sommige van ons vir ander se part lees. Lees gee sin aan die lewe; maak wêrelde vir mens oop. 

Boeke is mens se beste vriend, glo ek. Maar wat dan van honde? sal u vra. Wel, boeke blaf nie vir jou nie. Dit vra nie om aandag nie en hoef nie kos en water te kry nie. Dit word nie siek nie en pla nie die bure nie. Daar is ander voordele ook… 

En boeke verskaf stilweg ure se genot. So wie wil nog stry? Daarbenewens ruik boeke nie net beter as honde nie, maar is die boeke wat ek lees, se IK trouens veel hoër as honde s’n. Veral party honde s’n. Party boeke het wel baie byt, dog byt nie seer soos honde nie.

Boeke kan weliswaar baie stof opgaar. Veral as hulle nie gelees word nie. En boeke vat baie plek. Vra maar vir mnr. Jaap Marais. Hy het altyd vir my gesê wyle mev. Marais kla oor al die boeke in die huis en hy weer oor die min boekrakke! Kennis is mag, so word vertel; daarom kan ‘n mens nie net een boek hê nie. Maar waar sal die kennis tog vandaan kom as niemand wil lees nie. Die ellendige televisie het bygedra dat mense lui geword het om te lees. Dis mos makliker om na prentjies te kyk…


Nou ja, moontlik het ek lesers nou oortuig om tog hierdie Desember-maand ‘n boek of twee nadir te trek. Daar is tien boeke wat ek wil aanbeveel om gedurende die komende vakansie te lees. Daar is egter veel meer wat gelees behoort te word, maar Desember het nou maar net 31 dae en daar moet êrens ‘n begin gemaak word! 

Nommer een op my lys is die biografie wat GD Scholtz oor dr HF Verwoerd geskryf het (in dubbele band). Voorwaar ‘n meesterstuk. Dit is die beste biografie wat ek ooit gelees het en daarby sluit ek Die Groot Verlange (wat handel oor Eugene Marais se lewe) in. Ek het Scholtz se werk in die afgelope 12 jaar minstens een keer per jaar deurgelees. My eksemplaar is nou stukkend gelees. Jy kan immers ‘n sin net een keer onderstreep! Net jammer die boek is nooit herdruk nie en is dit moeilik bekombaar. Scholtz se boeke kan almal voor die voet gelees word. En daar is baie van hulle. So nou is ons reeds by tien verby!

Nommer twee is die boek wat prof. VE D’Assonville oor Totius geskryf het met die titel Dit is Totius. Dit is ‘n pragtige, meesleurende verhaal oor ons volk se grootste teoloog. Totius was waarlik ‘n man van God, digter sonder gelyke en volksman by uitstek. In hierdie boek maak ons kennis met hierdie groot Afrikaner. Die skryfstyl is deurgaans boeiend en so kan die boek oor Totius se vader, SJ du Toit (deur dieselfde skrywer), eweneens aanbeveel word.

Die derde boek is die biografie van DW Krüger oor die lewe van president Paul Kruger. In hierdie werk (watt and weer in druk is) leer ‘n mens die formidabele man Paul Kruger werklik ken. Wanneer die boek klaar gelees is, besef ‘n mens dat ‘n volk wat sulke leiers oplewer, inderdaad vir niks hoef te stuit nie en dat ons volk inderdaad ‘n roeping het! Dit is ‘n deeglik nagevorste werk en ‘n móét vir elke patriot. Ouers kan maar net vir hulle kinders van Paul Kruger vertel, dan is die stryd halfpad gewonne.

Die vierde plek behoort aan die biografie wat JC Kannemeyer oor Langenhoven geskryf het, getiteld Langenhoven: ‘n Lewe. Kannemeyer se boeke, soos ook sy biografie oor CL Leipoldt is altyd in ‘n boeiende verteltrant en is die biografie oor Langenhoven een van daardie boeke wat mens teen een uur die nag steeds nie kan neersit nie. Ek wonder dikwels wie van Langenhoven of dr Verwoerd die hoogste IK gehad het?

Die vyfde plek behoort aan die boek van Jaap Marais met die titel Stryd is Lewe. Ook hierdie boek lees ek op gereelde basis. Geen politikus kan sonder hierdie boek nie. Hierdie boek behoort ‘n voorgeskrewe boek by CVO-hoërskole te wees en ook by Afrikaner-universiteite. Jaap Marais was sonder gelyke wat betref kennis, insig en visie oor die politiek. Oor nasionalisme en patriotisme is daar geen beter bron as hierdie werk nie. Gelukkig het ek ‘n hele aantal van hierdie boek in voorraad! Die boek Afrikanernasionalisme in die nuwe Suid-Afrika deur dieselfde skrywer moet egter saam met hierdie boek gelees word. Laasgemelde is nie verniet al “Die Rooi Bybel” gedoop nie…

Volgende op die lys is die biografie oor generaal JBM Hertzog wat geskryf is deur CM van den Heever. Wat ‘n heerlike leeservaring! Wat ookal oor die laaste jare van die groot generaal gesê word, hy bly een van ons volk se grootste seuns. Niemand het ‘n groter rol na die Anglo-Boereoorlog gespeel om ons volk op te hef as juis generaal Hertzog nie. Hy was ‘n opregte mens, ‘n diep denker en het sy lewe in diens van sy volk gewy. Hy was regter, generaal en eerste minister. Onvergelyklik! In al drie rolle was hy ‘n model-Afrikaner. U sal hierdie dik boek kwalik kan neersit as u eers daarmee begin het.

Sewende op die lys is ‘n Engelse boek, naamlik Visions of Order deur Richard Weaver. Die boek het ek van Jaap Marais ontvang by Fort Schanskop op 11 Oktober 1996. Dit is een van my kosbaarste besittings. Die Amerikaner was professor in Engels aan die Universiteit van Chicago, nasionalisties in sy lewensuitkyk en moontlik een van die wêreld se mees onderskatte filosowe. Ook sy ander boeke waaronder Ideas have Consequences en The Ethics of Rhetoric moet gelees word. Visions of Order is in 1964 geskryf (en later herdruk) en reeds toe het Weaver gestel dat die wêreld ‘n kulturele krisis beleef.

Die agste plek behoort aan Final Judgement van Michael Collins Piper (nog ‘n Amerikaner) wat handel oor die sluipmoord op president John F Kennedy van die VSA. Piper het verskeie ander boeke geskryf waaronder The New Jerusalem, High Priests of War en The Judas Goats. Al sy boeke is van hoogstaande gehalte. Hy is een van die bes ingeligte mense oor die internasionale politiek en skryf gereeld vir die weeklikse internet-koerant AmericanFreePress.com, asook in die Barnes Review van Willis Carto.   

Negende is The Gulag Archipelago van die Rus, Alexander Solzhenitsyn. Vir die afgelope 20 jaar lees ek reeds die boeke van hierdie groot skrywer. Hierdie werk bied insig oor die strafkampe van Stalin in die USSR en wat mense, soos Solzhenitsyn, daar ervaar het. Dit stimuleer jou om meer oor die wonderlike wêreld van Rusland te lees. Dit is jammer dat die Russe, wat so baie agting vir ons Boere het, nooit ons bondgenote geword het nie. Op sy oudag het Solzhenitsyn (wat talle ander boeke geskryf het) die verderflike rol van die Jode in Rusland ontmasker in nog ‘n boek wat nog nie in Engels vertaal is nie.

Laaste op die lys is David Irving (van Brittanje) met sy boek Goebbels wat handel oor Hitler se propagandameester Joseph Goebbels. Indien meer oor propaganda en veral die propaganda van Hitler se Duitsland geleer wil word, is dit die boek om te lees. David Irving het talle ander uitstekende boeke geskryf waaronder Churchill’s War, Hitler’s War, Goëring en Nuremberg: The Last Betrayal. Daar is geen beter bron oor die Tweede Wêreldoorlog as Irving nie. Dat Irving deurgaans deur die Sioniste geteiken word is getuienis van sy uitstaande kennis oor hierdie onderwerp.

Daar is heelwat ander boeke wat op die lys kan wees. Onder hulle tel My Awakening van David Duke, die voormalige leier van die Ku Klux Klan. Ook sy boek Jewish Supremacism behoort gelees te word. Dan is daar nog The Zionist Factor van Ivor Benson, ‘n absolute moet. Jaap Marais het Benson een van die intelligentste mense genoem wat hy ooit ontmoet het. 

Sommige skrywers het net die vermoë om ‘n mens te boei. Net nog een bladsy voor slapenstyd! Dit is een van die belangrikste kenmerke van ‘n goeie boek. En dan is dit seker so dat ‘n biografie dit tot ‘n groter mate besit. Wanneer jy boonop ‘n boek die tweede keer wil lees, dan weet jy dis werklik ‘n goeie boek. So is dit met die boeke hierbo vermeld. ‘n Mens kan op enige plek in die huis lees. Ja, veral voor die TV! Die beste tyd van die dag om hierdie boeke te lees is … die hele dag. Maar as dit nou regtig nie anders kan nie, tussen 7 en 12 in die aand. Dan blaf die honde hopelik nie meer nie… 

Mnr. Marais het altyd gesê “Stryd is Lewe” Hy was toe al die tyd verkeerd: “Lees is lewe!” Mag u ‘n wonderlike leeservaring hierdie komende Desember hê. 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie