Normaal is 'n relatiewe begrip in die nuwe Suid Afrika. Soveel so dat Rhoda Kadalie met selfvertroue die uitspraak kan maak dat 'n Republiek nie 'n demokrasie is nie. Gepraat van logika, dit is hoe 'n mens suurstof gee aan Afrikanisme.
Dit laat mens se gedagtes swewe en wonder watter betekenis die ANC heg aan 'n demokrasie? Die Zondokommissie het vir ons onteenseglik die antwoord gegee.
1 Kor. 6:11-18
“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,spreek die Here, die Almagtige.” (:17&18).
Wat ‘n voorreg het ons nie om kinders van die Almagtige God genoem te word nie. Ja, ons kan vereenselwig met die belydenis wat in 1 Joh. 3:1 opgeteken is. “KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” Maar kan ons met alle eerlikheid sê dat ons vreemdelinge vir hierdie wêreld is soos wat ons in 1 Joh. 3 lees?
Die AVP het al by herhaling op sy webblad daarna verwys dat die politieke stryd nie gaan oor regs of links, oor Demokrate of oor Republikeine, oor Nat of Sap nie, maar in wese gaan dit oor reg of verkeerd!
In die politiek waar jy as kieser, indien jy jou in 'n demokratiese stelsel bevind, die geleentheid het om leiers aan te wys, is die keuse wat jy uitoefen veel belangriker as wat meeste mense besef. Waarvoor kies jy?
Die finale breuk van Engeland met die Europese Unie, word in die International Express as 'n oorwinning vir Brittanje beskou. Dit word beskryf as 'n terugkeer na soewereine onafhanklikheid en dat plaaslike besighede oppad is na herstel. Boris Johnson, eerste minister van Engeland, belowe om duisende mense te werf vir die polisie, verpleegsters, onderwysers en staatsamptenare om die ekonomie weer te herstel.
Help sommige Afrikaners die Chinese om hulle in te grawe in die mynbedryf vanuit Hong Kong.
Die greep wat hulle, die Chinese, reeds het en wat goud, mangaan, en ander minerale reeds insluit, wat as dit inbegryp word met Ramaphosa en sy swart ministerskorps se belange in ons land se mineraalneerslae, word dit 'n skokkende rooftog van ons land se potensiaal om in die bevolking se finansiële welwese te kan voorsien.
Ps. 24:1-10
“…Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; want Hý het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome.” (:1&2).
Hoe mooi is hierdie belydenis van Dawid nie, geliefdes – ‘n opregte erkenning van die heerskappy van God oor alle dinge. Ja, en soveel mooier word hierdie belydenis wanneer ons God se Woord bestudeer en dieselfde belydenis raak lees wat deur ander gelowiges en diensknegte van God gemaak is.
Die AVP neem met belangstelling kennis van die Presidentsverkiesing wat gister op die 6de Januarie 2021 ge-eindig het in die registrasie van Joe Biden wat Donald Trump moet vervang as president.
In sekerlik die felste veldtog om enersyds aan bewind te bly van die Republiekeine en andersyds om hulle te vervang deur die demokrate, het emosies hoog geloop en neerslag gevind in 'n stormloop wat tot die dood van ten minste 5 mense gelei het!
Dat daar deurgaans sprake van verkiesingsbedrog en knoeiery met die tel van stemme was, is 'n aanduiding van toenemende ongelukkigheid midde in die Amerikaanse kieserkorps wat nou die potensiaal van 'n burgeroorlog bereik het. Dit is onteenseglik duidelik dat die optrede van Pens en sommige Republiekeine, nie soseer gaan oor politieke verskil nie maar eerder oor wat reg en verkeerd is in die Amerikaanse samelewing.